Slaaptydstories

Scrapydo se toeka:tokkel – Slaapkamer

Ek plaas ‘n vorige inskrywing met so ‘n stertjie by.

bedroom 29

Ons bed, of beter nog slaapkamer het ‘n storie.  Deur die jare het ek stelselmatig elke vertrek in ons huis opgetof, of is dit nou uitgedos; maar ons slaapkamer het agterweë gebly.  Die bedkassie was nouwel nie meer ‘n “toolbox” met ‘n aangehakte gordyntjie om nie; maar die kamer het maar sleg afgesteek teen die res van die huis.

Een middag lê die drie kleintjies – toe reeds in hoërskool – op ons bed en gesels.  Kenneth ons kunskind, kom plak homself met vuil oorpak en al, tussen hulle neer.  Na ‘n rukkie se gesels vra hy, “Wanneer maak mamma eendag julle kamer mooi?”  “Die dag wanneer julle kinders besluit om vir julle ‘n ander geselsplek te kry,” antwoord ek.  “Dan is dit nooit,” laat hy ewe droog van hom hoor.

Ons trek stad toe.  Die kinders het die nes verlaat, en ek besluit dit is nou uiteindelik my beurt vir ‘n kamer waarvoor ek my nie hoef te skaam nie.  Maar ek het my met die klomp misgis, Ken insluitend.  Soos een man kom hulle in opstand teen ‘n bed waarop ek nie wil hê hulle moet lê, en kuier nie.  Die bed word “Mamma se heilige bed,” gedoop.  Ek hou my horende doof; Heilig of te nie…. my beurt is my beurt.

Met Ken wat weggewerk het, het my heilige slaapkamer heel goed gewerk…. maar toe kom hy permanent huistoe.  Nie net ons slaapkamer nie, maar die hele voëlnes staan op sy kop.  Wanneer die moedeloosheid wil oorneem onthou ek, ek het my beurt gehad.  “Hoekom leef party mense so wyd?”  Ek vra maar net.

 

 

 

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

19 Responses to Slaaptydstories

  1. My middelkind het Vrydag na Ierland geëmigreer. Wat sou ek nie gee om hom (al is dit dan met sy hele gesin!) vir ‘n rukkie by my te hê nie…

    Like

  2. Toortsie sê:

    Ek moet erken: Ek leef ook wyd. 😦

    Like

    • Kameel sê:

      My man moet alles sien of anders vergeet hy hy het dit, en ek wil niks sien nie… net dit wat mooi is. Sy klere lê die wêreld vol…. en ek bedoel oral, en ek sug soos ek nog nooit in my lewe gesug het nie. Maar dan dink ek weer wat my sus Rika na haar man se dood gesê het…. “In die hele huis het ek hom nie eers ‘n plekkie gegun om homself te wees nie.”

      Like

  3. Ai, Dis darem maar hartroerend as mens dink hoe lekker die kinders juis op die bed kuier en dan die antwoord kry dat jy nie moet verander nie. Die kommentaar van Frannie is ook hartsnaar roerend! n Ma bly mos maar n ma. En dan daardie woorde van jou suster…. Het ek maar dit liewer anders gedoen. Is die foto jou kamer wat so pragtig lyk?
    Dankie vir jou Toeka-Tokkel jy bly maar die beste (saam met Toorts)

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Mooi is en bly mooi maar ek lewe ook wyd… eerder gemak, BO mooi!

    Like

    • Kameel sê:

      Ai toggie ek wens werklik ek was so…. maar ek raak benoud as alles om my vir te lank deurmekaar is. Begin jou huis rigting kry na die trekkery?

      Liked by 1 person

      • ekmyselff sê:

        Lyk al heel mooi, nog so 4 bokse, maar ek is nie meer lus nie, lol. Ek is vandag terug by die werk en dis niks lekker as jy eerder by die huis wou werk nie…
        Ek moet by se, ek werk eerder in die tuin as in die huis *wink*
        Die 4 slaapkamers het nog nie gordyne nie, ons het nog nie die relings opgesit nie, gelukkig is dit hoop, niemand kan in sien nie en die view is pragtig! 🙂 Sien, ek leef WYD 🙂

        Like

  5. ekmyselff sê:

    Ek bedoel, gelukkig is dit HOOG

    Like

    • Kameel sê:

      Hopenlik sien ons fotos wanneer alles mooi en op hul plek is. Vier bokse klink darem nie te erg nie….. amper oor die hond se stert. 🙂

      Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 13: Hele April”Blogging from A -Z” – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s