A staan vir Appel

Scrapydo het vertel van hierdie projek waar jy elke dag oor een letter van die alfabet kan skryf.

Die A tot Z van blogging.

A staan vir aanhou. Aanhou met waarmee jy besig is en sukses behaal.

A staan ook vir aanpasbaarheid, ‘n goeie eienskap  om te hê.

Asemrowend. Wát ‘n woord!

Almagtig. My God is almagtig! Daar is niemand soos Hy nie. Hy is in beheer!

Arrogant. Nie so mooi nie, iets waarteen ons moet waak.

Absoluut.

Aandgeluide op ‘n plaas wanneer alles begin rustig raak en regmaak vir die nag.

Ape.

Armoede. ‘n Realiteit. Nie iets wat almal altyd aanvaar nie.

Wat is lekkerder as ‘n Aangename geaardheid? ‘n Aangename aand?

Amsterdam, Australië, Amerika, Agulhas, Albertinia … orals lê my voetspore.

Anders, teenoor altyd dieselfde. Andersheid. Aanvaar ander se andersheid. Dis opwindendend dat almal nie altyd dieselfde is nie.

Andere, nie net myself.

Aan-aan speel.

Aanstoot neem. Nie lekker.

Angstigheid

A staan vir akkedis. Ek hoor gister op die radio van ‘n gewone akkedis wat blykbaar in ‘n wasmasjien beland het, deur die hele siklus is en toe die gordyn waarin hy verstrengel was, uitgehang is in die son, weer begin lewe het! Ongelooflik! Beslis die skoonste akkedis in die land. Dis blykbaar omdat hy in koue water gewas was en hy koudbloedig was, sy metabolisme verstadig het en hy nie soveel suurstof nodig gehad het nie. Kan jy nou meer!

Aanbid die Lewende God.

Aanvaar jou omstandighede en die mense in jou nabye kring.

Aarbeie en roomys. Njam

Aambeie. Wat ‘n pyn. En, voor ek dalk ‘n  aambei raak …

Al my groete

Aoortsie

Toortsie se faceboekblad

Toortsie@Finesse: Kleur

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging and tagged , . Bookmark the permalink.

25 Responses to A staan vir Appel

  1. Sjoe dis n lekker klomp A woorde! Ons begin eers die 1st April met A . Ek weet jy het gesê jy gaan op jou eie die alfabet deurwerk so no worries! Ek gaan probeer om by elke “Engelse” letter ook n “Afrikaanse” een te gee.

    Like

  2. Breggie Myburgb sê:

    Goeiemore Toortsie

    Ai wat n aangename mens is jy. Lekker om jou stukkies te lees. Ek geniet dit so baie. n Aangename dag vir jou.

    Harties groete

    Breggie On 28 Mar 2016 05:57, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie” wrote:

    > Toortsie posted: “Scrapydo het vertel van hierdie projek waar jy elke dag > oor een letter van die alfabet kan skryf. Die A tot Z van blogging. A staan > vir aanhou. Aanhou met waarmee jy besig is en sukses behaal. A staan ook > vir aanpasbaarheid, ‘n goeie eienskap om te hê” >

    Like

  3. Kameel sê:

    A staan vir “Ag sy voet”….. bly jy het nie by die a’s gebly nie…. anders het hy sy alie gesien.

    Like

  4. Ek hou van jou akkedis storie!

    Like

  5. nowathome sê:

    Ahhh! Die akkedis storie is oulik!

    Like

  6. seegogga sê:

    A1 vir jou skrywe oor A! Aangenaam verras. Dis mos my letter. Anna- Marie

    Like

  7. Terug pieng: Blogging from A – Z: Letter A – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s