Musiek in die Bybel (8)

Amper vergeet ek van my gunstelingdele in die Bybel! Hoe musiek gebruik is om die vyand te verslaan.

jericho 001

Ons Eie Kleuterbybel – Juliana Nothnagel

Wat is mooier as die storie van Jerigo se mure in Josua 6? Die Israeliete kom by die stad Jerigo aan na 40 jaar in die woestyn. Hulle het nie veel wapens nie, weet nie van oorlogvoering nie. Vóór hierdie 40 jaar was hulle slawe vir 400 jaar. In opdrag van God loop hulle vir 6 dae elke dag een maal om die stad, sonder ‘n woord, net die priesters wat op die ramshorings blaas.

Heel voor loop die gewapende manne, dan die  sewe priesters met die ramshorings, dan die verbondsark van die Here, dan die res  van die manne.

Aanvanklik lag die inwoners van die stad vir hulle. Watter manier van oorlogvoering is dit? Maar God is teenwoordig. Die stadsmense begin bang raak, die Israeliete kry moed. Dan kom dag 7. Daardie dag moet hulle sewe keer om die stad loop. Doodstil, sonder ‘n word, met net die ramshorings se geluid. Skielik is die aanvalskreet, die manne skreeu, die mure val in, die stad word ingeneem!

………………………………….

Koning Josafat (2 Kron 20) was behoorlik in die knyp. Die Moabiete, Ammoniete en Meüniete het opgetrek om oorlog te maak teen die Israeliete. Hulle was ‘n oormag. Josafat het hulp by God gaan soek. God gee opdrag dat hulle net hul posisie moet inneem, nie veg nie, en kyk hoe God vir hulle die oorwinning gee.

Josafat het, in vertroue in God, die sangers vóór die gewapende manne geplaas. Hulle (die sangers) het voor geloop in hulle gewyde klere en God geloof. Toe, terwyl die sangers met lofprysing en gebed besig was, Het God onverwagte aanvalle bewerk op die vyand en hulle laat verloor. Op die ou end was hulle só deurmekaar, hulle (die vyand) het MEKAAR begin doodmaak! Hierdie plek is LOFDAL genoem! What a mighty God we have! 🙂

Sing tot eer van God, selfs in oorlogstyd. Verdryf die vyand met lofprysinge. God hou daarvan dat ons Hom eer, laat ons dit ook met musiek doen. Tot eer van Sy Naam alleen.

Groetnis

Toortsie

Bronne:

  1. Die Bybel in Praktyk
  2. Merlin Carothers, ‘Power in Praise’
  3. Juliana Nothnagel: Ons Eie Kleuterbybel

bee43f61a49545d70a38cc0b79c2685d-zoom

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap, Musiek in die Bybel and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Musiek in die Bybel (8)

  1. Een van my gunsteling-stories wat my ma ons vertel het in die Sondagskoolklas

    Like

  2. Ai, jy skryf so mooi! En wraggies, hier kyk ek nou die dag – hier in Lagos – na die onderhoud met Juliana Nothnagel oor die nuwe “moderner” Kinderbybel!

    Like

  3. Interessant … dankie

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s