Die eerste tree … die hoeveelste tree

Hierdie bloginskrywing is oorspronklik geskryf op 31 Maart 2011. Dit het verwys na blogs wat nie meer bestaan nie. Hierdie is die verwerkte weergawe soos gedoen op 18 Maart 2016.

Ek het gewonder hoekom daar soveel haat in die wêreld is. ‘n Blogmaat (BB) het verduidelik dat dit verskil as iemand ná aan my my iets aandoen, teenoor wanneer ons sommer net haat het, haat vir wie ook al. Plaasjuppie het toe daarop gereageer met die vraag: “Hoekom is daar so min liefde in die wêreld? Is dit omdat ons in onsself gekeer geraak het?”

Kom ek gee vandag die eerste tree en saai die heel dag liefde, waar ek ook al is, met wie ek in aanraking kom. Ek gaan mense groet, vir hulle glimlag, iets moois vir iemand sê wat dit glad nie verwag nie. Ek gaan my woorde probeer sluk as iemand met my lelik is. Ek gaan die eerste tree gee… of dalk die hoeveelste tree. Ek gaan ook veral op my gedagtes let, konsentreer daarop om positiewe dinge te dink, want as ons positief dink, doen ons ook positief!

Wat van jou? Ek daag jou uit!!! Gee JY ook vandag ‘n eerste tree of ‘n hoeveelste tree. Kom ons saai vandag soveel liefde dat dit ‘n verskil maak! Dat dit aan iemand anders so ‘n verskil maak dat hy/sy ook sommer begin liefde saai!

Nehemia het die onmoontlike reggekry. Hy het die muur rondom Jerusalem herbou in rekordtyd, ten spyte van soveel mense en magte wat dit probeer keer het. Hoe het hy dit reggekry? Hy het geglo in wat hy gedoen het. Hy het op God vertrou. Hy het die mense van Jerusalem gevra om elkeen net die stukkie muur voor sy huis reg te maak. Kom ons maak vandag die stukkie muur voor ons huis reg.

KOM ONS GAAN SAAI LIEFDE!!!!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 40 Dae van Positiwiteit, Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging and tagged , , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Die eerste tree … die hoeveelste tree

  1. BB sê:

    Ek probeer dit al van altyd af toepas. Dit werk oor die algemeen baie goed vir my 😉

    Like

  2. Sonlig sê:

    Mmmm…..draai Michael Jackson se “Man in the Mirror” nou skielik deur my kop!

    Olga praat onlangs van vas van negatiwiteit of iets in der voege. Ek het al probeer om van my eie opinie te vas – Mag, maar dis ‘n moeilike ding! Ek is maar alte gereed om my 5c te wil ingooi.

    Om liefde te kies (en te saai) is iets wat oefening verg. Fake it till you make it!

    Like

    • BB sê:

      Ditto!! Eveeeeeeeeentually raak dit ‘n goeie gewoonte. :mrgreen:

      Like

    • toortsie sê:

      Vas van negatiwiteit? Ek sal daai inskrywing moet gaan soek!! Olga!!!!!!!! Waar is jy????? Ek soek daai inskrywing!! Ek dink dis ‘n WONDERLIKE idee! As ons nou begin vas tot paasnaweek… nee dis te kort… Mens moet mos iets vir 40 dae regkry om dit ‘n gewoonte te maak…. so as ons vandag begin vas van negatiwiteit behoort dit teen 10 Mei ‘n gewoonte te wees!! 🙂 WOW!!

      Like

      • Sonlig sê:

        Ek het hom vir jou gaan soek. Dit was nie ‘n inskrywing nie, maar ‘n kommentaar by die merrie se Getroud sonder Parool van 28/3. Dit het sommer by my vasgesteek.

        Like

  3. Nikita sê:

    Ek het eergister ‘n aktiwiteit met my klas gedoen [as deel van ‘Circle Time’ [as jy ‘C-time’ google kan jy meer daaroor lees.] Ek het dat elke kind vir ‘n ander in die klas ‘n kaartjie maak en daarin ten minste een goeie ding van die ander uitlig. Hulle het die kaartjies gekry om huistoe te neem. Die kinders was so beindruk met wat in die kaartjies geskryf is. Baie van hulle was baie in hul skik en van hulle het vertel hoe hulle dit tuis op ‘n spesiale plek gaan sit en een dogtertjie het ‘n spesiale ‘dagboek’ wat sy elke dag inbring en gese sy gaan hare daarin plak [voorin]. So min mooi/goeie dinge word regtig direk vir mekaar gese deesdae. Ek het besluit om nader aan die einde van volgende termyn weer so ‘n aktiwiteit [soortgelyk] te doen.

    Like

    • toortsie sê:

      Nikita!!! Ag dis lekker om jou naam te lees!! Dankie. Dit was ‘n wonderlike aktiwiteit. Dis dalk iets wat ek met my plaaskinders ook kan doen. Want mens kan gewoonlik nie GLO watter positiewe dinge ander in jou sien nie. Is daar nie ‘n manier wat ons so ‘n “tag”speletjie kan uitwerk nie? Ek onthou die “kersie op die koek” trofee van verlede jaar was amper so iets.

      Like

  4. Terug pieng: 40 dae vas « Toortsie se Blog

  5. Terug pieng: 40 dae vas « Toortsie se Blog

  6. Terug pieng: Blog-blomme! « Toortsie se Blog

  7. Vriendelikheid kos niks en ek het al meer reg gekry met geduld en respek,as om op mense te skel.

    Like

  8. nowathome sê:

    Dis so ‘n goeie idee!

    Like

  9. Waar woorde en aanbeveling. Ons is mos altyd ingestel om te konsentreer op die negatiewe van ander. Sal probeer!

    Like

  10. Kameel sê:

    Ons preek vandag was baie in die lyn vanoggend 🙂 Die titel van die preek was “A Kingdom heart”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s