Laat ons hardloop

Scrapydo se toeka-tokkel: Oefening

As dit by liggaamsoefeninge kom val ek net hier uit die bus uit.  Al het ek ook as kind gedurig op my kop gestaan, of op my hande geloop, was ek nooit, en is nog steeds nie gaande oor liggaamsoefeninge nie.  Waarom loop, as ek kan ry is my motto.

Veel eerder sit ek diè inspanning in my geestelike lewe.  Paulus sê mos; “Do you not know that in a race all the runners run, but only one gets the prize.  Run in such a way as to get the prize. Everyone who competes in the games goes into strict training.  They do it to get a crown that will not last, but we do it to get a crown that will last forever.  Therefore I do not run like someone running aimlessly; I do not fight like a boxer beating the air.  No, I strike a blow to my body and make it my slave, so that after I have preached to others, I myself will not be disqualified for the prize.  Dit is heel duidelik dat geestelik groei nie sommer net vanself kom nie; dit verg dissipline en oefening, en sonder die hulp van die Heilige Gees gaan dit jou in elk geval nie vêr bring nie.

Waarom diepwater gaan swem as ek weet ek kan veilig by die voet van die kruis sit?  Ja, dit verg oefening, dit verg deursettingsvermoë, maar is dit nie wat enige ouer van sy kind verlang nie?  Om deur oefening te leer kruip, loop, skryf, ens nie.  Waarom ‘n baba in Christus bly as ek kan opgroei om meer aan Jesus gelykvorming te word, en so my rol in die familie van God vol te staan nie?  Dankie tog vir ander kinders van God wat saam met my hardloop, my aanmoedig wanneer ek moeg word, my ophelp wanneer ek val, en my vermaan wanneer ek begin verslap.  Saam met die skrywer van Hebreeus sê ek; ” Laat ons elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê; ons oë gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.”

13 thoughts on “Laat ons hardloop

  1. Uitstaande stuk! Sonder daaglikse oefening en ondersteuning kan ons nie die lewenswedloop volkome loop nie. Elke stap is belangrik(Al ry mens soms meer as om werklik te oefen aan die geestelike loopoefening.) Baie dankie vir die mooi stukkie! 🙂

    Like

    1. Dankie Scrapy. Yep, die geestelike wedloop verg disipline nê. So maklik om besig te raak met die vleeslike dinge, en die gees te verwaarloos. Mooi dag vir jou wanneer dit ook al is? Praat nou met my kinders…. amper twaalfuur in die nag in Vegas…. en hier staan ek nou al op. 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!