Musiek in die Bybel (7)

Ek was nog op hoërskool toe iemand een keer voorgestel het dat as ons voor die erediens in die kerk sit en verveeld voel, dit goed is om deur die gesangeboek te blaai en die liedere te lees. Daardeur sou ‘n mens die woorde van die liedere leer. Ek moet bysê dat ons in my kinderdae ongeveer 25 minute voor die kerk begin het, al daar was en daar was nie vooraf sang nie.

Soveel van die geestelike liedere wat ons sing, kom woord vir woord uit die Bybel en deur dit te sing, sing ons Skrif. Wat ‘n maklike manier om Skrif te memoriseer! Ons weet nooit wanneer ons dit nodig sal kry nie.

Een van my gunsteling liedere kom uit Openbaring: “U is waardig om die boek te neem, en sy seëls oop te maak. Want U het ons met U bloed gekoop uit elke nasie, stam en volk en taal. Halleluja …”

Ons boere ken Habakuk 3:17-19. “Al sou die vyeboom nie bot nie … sal ek Hom loof.”

As kind het ek so graag Petrus se woorde gesing: “Silwer en goud het ek nie, sê hy, maar dit wat ek het gee ek jou. In die Naam van Jesus Christus, van Nasaret, staan op en loop. Juigend en springend en loof die Heer…”

En die ou bekende: “Filippense 4 vers 4 sê, ‘Verbly jou in die Heer.'”

Ps 23 is word op soveel maniere gesing, dit bly een van my gunstelinge.

Toe God vir Samuel geroep het, het hy geantwoord: “Spreek Heer, spreek Heer, want U dienskneg luister. (1 Sam 3)

Ag, daar is nog baie liedere uit die Bybel wat ons gereeld sing. Wat is jou gunstelinge?

 

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Musiek in die Bybel. Bookmark the permalink.

11 Responses to Musiek in die Bybel (7)

  1. Filipense 4:4 het my baie in my lewe gehelp om kop te kon hou! Dan het die hoof van hoërskool waar ek skool gehou het gereeld Maandagoggende met saal opening Habakuk gebruik vir sy opening.

    Like

  2. Kameel sê:

    Worship is vir my die belangrikste deel van die diens. Om al daardie instrumente en stemme die Here te hoor loof gee mens ‘n voorsmakie van die hemel. Tussen die mielielande het ons ‘n pastoor gehad wat hierdie lied so lekker kon sing dat al die stemme sommer tweekeer harder saamgesing het. “Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp, loof Hom met die klinkende simbale. Alles wat asem het loof, loof die Here, alles wat asem het loof, loof sy Naam!!”

    Like

  3. Ek het grootgeword met Psalms en Skrifberyminge in die Gereformeerde Kerk. Ons dominee was lief daarvoor om ons baie te laat sing, en met ‘n mooi pyporrel in die kerk was dit heerlik om te sing. Ek het ‘n paar gunstelinge gehad en ek dink Skrifberyming 45 (as ek die nommer reg onthou) was een daarvan. Ek kry nie nou my ou Psalmboek om dit op te kyk nie. Dan is daar Psalm 48, Psalm 100 en Psalm 146.

    Like

  4. ekmyselff sê:

    HAB 3 – een van my gunsteling verse en een van my gunsteling liedjies! Dankie vir die deel.

    Like

  5. My pa het so een keer elke paar weke in die tering-hospitaal dienste gaan hou vir die siekes. Dit was die enigste kerktoegaan waarvan ek baie gehou het, want KON daardie mense sing!, en dan wieg hulle die lywe, maak sulke skuifelpassies – lank nadat ons in die motor geklim het, kon ons hulle nog steeds hoor.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s