Hoe hou ek die manne se mae vol?

Ek staan en bewonder so ‘n lang, regaf rok met die mooiste materiaal, toe ‘n kort dametjie vir my vriendelik sê dat ons lang, dun mense darem baie gelukkig is, ons kan dra wat ons wil, eet wat ons wil. Sjoe! Hoe gelukkig kan ons wees? Ek antwoord toe vir haar dat dit harde werk is. Die ongeloof op die gesig! 😉 Wat bedoel ek met harde werk? Ek sê vir haar dat ek 16 kg verloor het, dat ek nie altyd so relatief dun was nie. Dat ek tot op die ouderdom van 22 letterlik alles kon eet, wanneer ek wil, hoeveel ek wil en ek plankdun was, maar toe het iets verander.

Natuurlik gaan die gesprek toe aan en kon ek nie help om te noem dat ek Banting doen nie. Terloops, as ek noem dat ek Banting doen, of as ek hier op my blog hieroor skryf, doen ek dit nie om dit in mense se kele af te druk nie. Ek dink baie mense voel dalk so, die Banters is so opgewonde daaroor dat dit werk! Iemand sê nou die dag vir my: “Banting is nie alles nie.” 100%. Banting IS nie alles nie. Daar is baie mense wat dit NOOIT gaan nodig kry nie. Daar is baie ander dieetprogramme wat vir ander mense werk. Vir MY is dit die een gewigsverliesprogram/gesondheidsprogram wat ek begin volg het, nadat ek soveel ander goed probeer het, wat WERK. Nog nooit kon ek vir amper 2 jaar volhou met ‘n eetprogram sonder om op een of ander stadium totaal van die bus af te val nie en net weer alles op te tel nie. Nog nooit was ‘n eetprogram vir my so maklik en natuurlik om te volg soos Banting nie. Nog nooit het ek so lekker en goed gevoel met ‘n gewigsverliesprogram soos wat ek met Banting voel nie. En al het ek vir die dame gesê dis harde werk, dink ek eintlik ek het gejok. Dit is NIE harde werk nie!

Sy vra toe hoe kry ek die manne vol? Dis die eerste keer dat ek hierdie vraag hoor, maar maklik. Regtig maklik. Banting het mos ryk kosse. Met Banting het jy nie nodig om al die stysels te eet net om die mae vol te kry nie. Met Banting voel ‘n mens soveel gouer versadig en bly vir baie langer tevrede voor jou liggaam weer kos benodig. Met Banting eet jy eintlik minder. Mans ook!

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER.

Toortsie se faceboekblad

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF. Bookmark the permalink.

7 Responses to Hoe hou ek die manne se mae vol?

  1. Kameel sê:

    Dink ek het al vir jou gesê dat my man met sy liefde vir ryk kos en room homself ooreet wanneer hy die kans kry en dan spog dat hy banting doen. Dit is nou saam al die stysel en suiker. Nodeloos om te sê banting help nie vir hom nie 😆

    Liked by 1 person

  2. Pixie sê:

    Ek geen-stysel-geen-suiker al van September 2014. En het al soveel kere van die bus af geval. Die laaste paar maande hardloop ek met mag agter daardie bus aan en die laaste week “vreet” ek carbs asof dit van die rakke af gaan verdwyn en ek dit nooit weer gaan sien nie. Ek voel opgeblaas, kry maagkrampe, voel lusteloos. Ek WEET banting werk vir my, dis beslis die manier wat my liggaam bedraad is om te eet. Maar ek is ‘n emosionele eter en die laaste paar maande was stresvol. Maar ek gaan aanhou om die bus te jaag!

    Like

    • Toortsie sê:

      Sterkte! Jy SAL daai bus inhaal. Koop vir jou BAIE en LEKKER kase, nice kase. Camerbert, soetmelk, white rock. Enige kaas wat nie Low Fat is nie. Verslind hulle elke keer wat die emosies jou dryf om te eet.
      Maak vir jou ‘n tert: 2 roomkaas, 500 ml room en 1 boksie tantalize jellie die pynappel een. Eet hom soveel jy wil en geniet hom en hou neute byderhand. Eet en eet tot die ctavings oorgaan.
      Wat ek probeer sê is, as jy emosioneel eet, eet dan net uit die groen lys. Dan maak dit nie saak nie. Biltong en droë wors.

      Like

  3. Dis rerig die moeite werd om in so n roetine van eet te kom. Juou liggaam weet nou beslis wat hy met al die kalorië doen.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s