Steeds die ryk man se raad

babilon-1000 Die ryk man van Babilon se raad bly maar draai in my kop. Die belangrikste raad wat hy gee, is mos nou dat ons van ons inkomste VIR ONSSELF MOET BETAAL. Dit beteken, in plaas van al ons swaar verdiende inkomste vir ander uit te gee, rekeninge te betaal, moet ons minstens 10% van ons inkomste AAN ONSSELF BETAAL. Ons moet dit spaar. Vir onsself.

Maar dan kom die tweede geheim: Ons moet daardie geldjies wat ons gespaar het, oordeelkundig belê, sodat hulle vir ons kan werk. Maar meer nog, wanneer hulle vir ons begin werk en nuwe geld inbring, mag ons nie daardie inkomste wat verdien word uit ons beleggings gebruik nie. Nee! Ons moet dit weer eens belê om nóg geld in te bring. Ons het mos in elk geval dan nou geleer om sonder dit klaar te kom, so, kom sonder dit klaar!

Hy sê nóg iets oor daardie geldjies wat jy vir jouself gespaar het: Kry KUNDIGE advies. Hoor by iemand wat self suksesvol geld belê het oor baie jare, iemand wat jy kan vertrou. Moenie sommer enige Jan Rap en sy maat vertrou nie, en wees uiters versigtig vir ‘n skema wat ongekende winste beloof. As iets te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik te goed om waar te wees. Wees UITERS versigtig. Moenie dat skelms kom en jou hardverdiende geldjies onder jou neus uit steel nie.

Van die ander raad wat hy gee is dat jy ongeveer 20% van jou geld moet gebruik om jou skuld te betaal en dan nie weer skuld te maak nie. Ek voel altyd: As ek nou my kos op skuld koop, waarmee gaan ek dan volgende maand se kos koop? Dan gaan ek mos die geld wat nodig is vir volgende maand se kos, moet gebruik om hierdie maand s’n te betaal? Ek praat hier van alledaagse uitgawes. Natuurlik gaan jy dalk jou motor of huis op skuld koop, solank jy uit jou inkomste die paaiement kan betaal.

Die heel belangrikste: Mens moet leer om binne jou inkomste te leef.

Hy noem ook iewers liggies dat ‘n mens moet streef daarna om jou eie woonplek te besit. Ek voel altyd: Om eerder af te betaal aan ‘n nederige huisie, wat oor 20 jaar my eie is, is beter as om vir 20 jaar huur te betaal aan ‘n spoggerige huis.

Maar onthou: Kry daardie kundige advies van iemand wat jy kan vertrou. Oppas vir raad om die braaivleisvuur!

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geldsake and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Steeds die ryk man se raad

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s