Om kreatief te raak

Dis altyd vir my interessant hoe dinge saamwerk. Op RSG is die warm onderwerp nou kreatiwiteit, om jou kreatiwiteit te ontwikkel omdat elke mens met kreatiwiteit gebore word. Hulle bespreek watter verskil kuns en musiek aan mense doen, dat dit selfs vir mense help om langer gesond te bly. Daar word vertel van mense met Altzheimers wat net sit en staar, wat spontaan begin saamneurie as ou bekende musiek gespeel word.

Intussen daag Scrapydo ons uit om kreatief te raak en ons verbeelding vrye teuels te gee. Dadelik wil ek ook die geykte sinnetjie gebruik: Verbeelding gebruik? Ek? Ek het geen verbeelding nie! Gee vir my ‘n feiteopstel en ek sal dit vir jou skryf, maar my verbeelding gebruik en sommer net iets uitdink wat nie eers bestaan nie? Nee wat, hou verby! Dís wat blogging so lekker maak, wat bloguitdagings so uitdagend maak: Ons word gedruk tot net buite ons gemaksone, en was die eindresultaat nou lekker! 🙂

Om kreatief te raak, op watter manier ook al, is goed vir elke persoon. Dis lékker om iets te skep en dit maak nie saak of dit goed of swak is, of ander daarvan hou nie, solank jysélf daarvan hou. Natuurlik gaan jou eerste poging nie noodwendig FANTASTIES wees nie, tog is daar by soveel mense beginnersgeluk. Tannie Mags het gesê: “Wie verby loop, sien dit nie, wie staan en kyk, traak dit nie.”

Wat ek wil sê, is: Raak kreatief. Doen daardie ding wat jy nog altyd wou doen, of doen iets wat jy in jou wildste drome nie gedink het jý sal doen nie. Skryf. Leer hekel. Gaan vir kunsklasse. Doen houtwerk. Maak vir jouself ‘n kledingstuk. Begin inkleur. Ontwerp ‘n nuwe rekenaarspeletjie.

Saam met kreatief wees, is natuurlik ook om iets te voltooi. Soveel goedvoelhormone word afgeskei die oomblik as jy die voltooide produk in jou hande het. Min dinge gee ‘n mens soveel woema, soveel moed om nóg iets aan te pak soos ‘n voltooide iets. Doen jouself daardie guns: Voltooi dit waarmee jy besig is. Ekself moes dit aanleer om goed te voltooi.

Doen daai deng!  Doen dit vir jouself.

Tannie Toorts

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

4 Responses to Om kreatief te raak

  1. Goed tant Toorts! Om iets nuuts te probeer prikkel daardie dieper gevoel binne in jou. Die uitdaging maak jou opgewonde om aan te pak wat vreemd is. Klaar gedoen maak jou trots om iets te gedoen het wat vreemd was of buite, volgens jou, vermoë te maak. ( nee wat my brein werk oortyd en ek kry nie gesê wat ek wil nie. Verskoon asb)

    Like

  2. Kameel sê:

    As jy op jou week terug kyk behoort hierdie vyf dinge daarin te wees. Geestelik het jy jouself gevoed. Sosiaal het jy met ander omgegaan. Liggaamlik het jy geoefen 😦 Verstandelik het jy geleer (moet nooit ophou nuwe dinge explore nie), enmet jou kreatiewe kant het jy iets gedoen.

    Like

  3. nowathome sê:

    Ek doen graag kreatiewe goed! Dis goed vir die siel ! 😀

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s