Scrapydo se toeka-tokkel: Verbeelding
In my standard agt jaar was daar ‘n meisie in my klas wat werklik lelik was. Swart kroes hare, twee groot skewe voortande wat verby haar lippe gesteek het, en ‘n vel vol sproete. Dit is egter nie soos sy haarself gesien het nie; sy het in ‘n verbeeldingswêreld geleef wat sprokiesverhale vaal laat lyk het.
Tot ons stomme verbasing het sy vertel dat Elvis Presley haar pa was, en vir ons ‘n storie rondom haar ma en Elvis vertel wat ons monde laat oophang het. Hollywood sou op sy kop staan, sou diè storie aan die lig kom, en dit blyk die waarheid te wees. Eers dog ons sy grap, maar dit was gou duidelik dat sy dood ernstig was, en vas geglo het aan dit wat sy ons vertel het.
Die Vrydag vertel sy dat sy die naweek Hollywood toe vlieg om die naweek saam met Elvis deur te bring. Weereens hang ons monde oop toe sy dit as rede vir die juffrou gee om vroeër huistoe te gaan, en die juffrou dit dood luiters aanvaar, en toelaat dat sy gaan.
Maandag maak almal ‘n kring om haar, en met haar as middelpunt vertel sy in detail vir ons die gebeure van die naweek. Vanaf die oomblik toe ‘n limousine – wat Elvis gehuur het om haar lughawe toe te neem – totdat sy met Elvis se private vliegtuig anderkant geland het. Daarna volg die huis, en die rokke, en die partytjies met haar as ster aan Elvis se sy. Die kinders por haar aan, maar in my hart kom sit daar ‘n diep jammerte vir die mens en haar verbeeldingsvlugte.
Vir die volgende paar maande is sy die vermaak van die skool met haar stories wat al waalhalsiger word, en in kleur toeneem. Niemand gee meer om dat sy Vrydae vroeg loop nie, want dit maak vir groot stories op Maandagoggend. Hoe glorieryker haar stories word, hoe jammerder kry ek haar. Sy besef nie dat sy die “laughing stock” van die skool geword het, en dat almal met haar spot nie. Tot my groot blydskap kom vertel sy op ‘n dag dat Elvis wil hê sy moet permanent by hom kom bly, en dat Hollywood haar roep, dus het sy besluit om te gaan. Daardie Vrydagmiddag groet sy ons, vat haar tas, en stap uit ons lewens uit.
Van die bietjie normale praat wat ek deur die maande met haar gehad het, weet ek net sy het by haar ouma gebly. Met tye wonder ek tog wat het van haar geword.
Foitog, dit is nogal hartseer.
LikeLike
Dit is….. wonder wat voorheen in haar lewe gebeur het, en waarom sy so gaan wegkruip het. ‘n Mens konnie ‘n normale gesprek met haar voer nie.
LikeLiked by 1 person
Miskien was sy MAL oor Elvis, sy het seker met al die stories ontvlugting uit haar omstandighede gesoek.
LikeLiked by 1 person
Yep, sy was nie “in touch” met die werklikheid nie. Ek self was nog maar kind, sou nou beter geweet het hoe om agter die waarheid te kom. Eienaardig dat die onderwyseres dit doodluiters aanvaar het. Miskien het hulle iets geweet wat ons nie verstaan het nie.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n tragiese storie,ai tog!
LikeLike
Ek was werklik so jammer vir haar. Kan nie dink dat sy ‘n normale lewe binnegegaan het nie; behalwe as iets drasties in haar verander het.
LikeLiked by 1 person
Soek bietjie op FB?
LikeLike
Ek het gedink en gedink, en kan glad nie meer haar naam onthou nie. Ouderdom??
LikeLiked by 1 person
Ai toggie… klink bekend
LikeLike
Ai hartseer, maar so ‘n verrbeelding sal wonderlike storries kan skryf! Soek haar op in ou skoolargiewe en jaarblaaie!
LikeLike
Sy sou beslis stories kon skryf. Al sykkel ek my suur sal ek nie met sulke stories voor die dag kon kom nie.
LikeLiked by 1 person
Kameel? Jy is dan die storieverteller hier rond!
LikeLike
Ai Toorts…. haar verbeelding het nie perke gehad nie. Sy het darem nie vertel sy het in iemand se tas saamgereis en van Australië in Timbuktu beland nie 😆
LikeLike
Dit laat my mos nou dink aan die baie mense wat geglo het dat hulle Anastasia was. Daar was een dame waaroor almal steeds wonder, tten spyte van al die geraamtes wat opgeggrawe was. Was sy nie dalk regtig Anastasia nie?
LikeLike
Nou voel dit soos ‘n speurverhaal 😆 Anastasia klink vaagweg bekend maar is nie meer seker waaroor dit gaan nie. Lig my bietjie meer in asb. Mooi dag vir jou!!
LikeLike
Koning Nicolaas, tsar v Rusland, sy vrou en sy 5 kinders is tereggestel. Anastasia was een vd dogters en daar word beweer, dat iemand haar gered het en dat sy nie saam met die ander doodgeskiet is nie. Die fliek wat die geskiedenis van die terregstelling en politieke onrus vertel is Nocholas en Alexandra. Die liedjie “ha ha Raspoetin” gaan oor die dokter van die gesin., wat ‘n hipnotiese mag oor hulle gehad het Die jongste seun was ‘n bloeier.
LikeLiked by 1 person
Dit is rerig tragies. Kan nie verstaan dat die onderwysers of skool dit toelaat dat sy vroeg loop nie. Dalk het sy n bose ma of pa tuis wat haar so laat vlug vir werklikheid. So n ouer verwag ook dat sy vroeg tuis moet wees omdat … wie weet wat ook al die oorsaak is. Dankie vir jou deelname ek geniet jou vertellings baie. 🙂
LikeLike
Ek het ‘n idee dat die onderwysers bewus was van iets wat ons as kinders nie van geweet het nie. Miskien was sy onder sielkundige hulp ens. Ek sou self nie daardie jare omgegee het as Elvis my broer was nie 🙂
LikeLike
Elvis was nou nie juis my smaak nie maar sou ook self bietjie Hollywood toe wou gaan vir n kuier. Ek dink die arme kind het regtig probleme gehad wat haar so moes laat optree.
LikeLike
O liewe land ek was so verlief op Elvis dat my kamer se mure vol geplak was van hom 😆 Hollywood is nou een plek wat ek nog nooit gedink het om te besoek nie. Sou graag agter die skerms wou werk om te sien hoe ‘n fliek gemaak word. Net nie vuurwarm liefdestonele nie 😆
LikeLike
Nee wat daardie liefdestonele van vandag is te warm. Ons het darem so n klein Hollywoodjie hier met ou Hobbit en ringe hier!
LikeLiked by 1 person
Sies tog. Haar verbeeldingsvlugte het haar gered.
LikeLike
Ja ‘n ander mens se boeke is duister. Sy het beslis ontvlug deur haar stories waarin sy so vas geglo het.
LikeLike