Verbeeldingsvlugte

Scrapydo se toeka-tokkel:  Verbeelding

In my standard agt jaar was daar ‘n meisie in my klas wat werklik lelik was.  Swart kroes hare, twee groot skewe voortande wat verby haar lippe gesteek het, en ‘n vel vol sproete.  Dit is egter nie soos sy haarself gesien het nie; sy het in ‘n verbeeldingswêreld geleef wat sprokiesverhale vaal laat lyk het.

Tot ons stomme verbasing het sy vertel dat Elvis Presley haar pa was, en vir ons ‘n storie rondom haar ma en Elvis vertel wat ons monde laat oophang het.  Hollywood sou op sy kop staan, sou diè storie aan die lig kom, en dit blyk die waarheid te wees.  Eers dog ons sy grap, maar dit was gou duidelik dat sy dood ernstig was, en vas geglo het aan dit wat sy ons vertel het.

Die Vrydag vertel sy dat sy die naweek Hollywood toe vlieg om die naweek saam met Elvis deur te bring.  Weereens hang ons monde oop toe sy dit as rede vir die juffrou gee om vroeër huistoe te gaan, en die juffrou dit dood luiters aanvaar, en toelaat dat sy gaan.

Maandag maak almal ‘n kring om haar, en met haar as middelpunt vertel sy in detail vir ons die gebeure van die naweek.  Vanaf die oomblik toe ‘n limousine – wat Elvis gehuur het om haar lughawe toe te neem – totdat sy met Elvis se private vliegtuig anderkant geland het.  Daarna volg die huis, en die rokke, en die partytjies met haar as ster aan Elvis se sy. Die kinders por haar aan, maar in my hart kom sit daar ‘n diep jammerte vir die mens en haar verbeeldingsvlugte.

Vir die volgende paar maande is sy die vermaak van die skool met haar stories wat al waalhalsiger word, en in kleur toeneem.  Niemand gee meer om dat sy Vrydae vroeg loop nie, want dit maak vir groot stories op Maandagoggend.  Hoe glorieryker haar stories word, hoe jammerder kry ek haar.  Sy besef nie dat sy die “laughing stock” van die skool geword het, en dat almal met haar spot nie.  Tot my groot blydskap kom vertel sy op ‘n dag dat Elvis wil hê sy moet permanent by hom kom bly, en dat Hollywood haar roep, dus het sy besluit om te gaan.  Daardie Vrydagmiddag groet sy ons, vat haar tas, en stap uit ons lewens uit.

Van die bietjie normale praat wat ek deur die maande met haar gehad het, weet ek net sy het by haar ouma gebly. Met tye wonder ek tog wat het van haar geword.

Advertisements

24 thoughts on “Verbeeldingsvlugte

        1. Yep, sy was nie “in touch” met die werklikheid nie. Ek self was nog maar kind, sou nou beter geweet het hoe om agter die waarheid te kom. Eienaardig dat die onderwyseres dit doodluiters aanvaar het. Miskien het hulle iets geweet wat ons nie verstaan het nie.

          Liked by 1 person

        1. Ai Toorts…. haar verbeelding het nie perke gehad nie. Sy het darem nie vertel sy het in iemand se tas saamgereis en van Australië in Timbuktu beland nie 😆

          Like

      1. Dit laat my mos nou dink aan die baie mense wat geglo het dat hulle Anastasia was. Daar was een dame waaroor almal steeds wonder, tten spyte van al die geraamtes wat opgeggrawe was. Was sy nie dalk regtig Anastasia nie?

        Like

        1. Nou voel dit soos ‘n speurverhaal 😆 Anastasia klink vaagweg bekend maar is nie meer seker waaroor dit gaan nie. Lig my bietjie meer in asb. Mooi dag vir jou!!

          Like

          1. Koning Nicolaas, tsar v Rusland, sy vrou en sy 5 kinders is tereggestel. Anastasia was een vd dogters en daar word beweer, dat iemand haar gered het en dat sy nie saam met die ander doodgeskiet is nie. Die fliek wat die geskiedenis van die terregstelling en politieke onrus vertel is Nocholas en Alexandra. Die liedjie “ha ha Raspoetin” gaan oor die dokter van die gesin., wat ‘n hipnotiese mag oor hulle gehad het Die jongste seun was ‘n bloeier.

            Liked by 1 person

  1. Dit is rerig tragies. Kan nie verstaan dat die onderwysers of skool dit toelaat dat sy vroeg loop nie. Dalk het sy n bose ma of pa tuis wat haar so laat vlug vir werklikheid. So n ouer verwag ook dat sy vroeg tuis moet wees omdat … wie weet wat ook al die oorsaak is. Dankie vir jou deelname ek geniet jou vertellings baie. 🙂

    Like

    1. Ek het ‘n idee dat die onderwysers bewus was van iets wat ons as kinders nie van geweet het nie. Miskien was sy onder sielkundige hulp ens. Ek sou self nie daardie jare omgegee het as Elvis my broer was nie 🙂

      Like

        1. O liewe land ek was so verlief op Elvis dat my kamer se mure vol geplak was van hom 😆 Hollywood is nou een plek wat ek nog nooit gedink het om te besoek nie. Sou graag agter die skerms wou werk om te sien hoe ‘n fliek gemaak word. Net nie vuurwarm liefdestonele nie 😆

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s