Musiek in die Bybel (6)

Ook vandag as ons musiek maak, is daar instruksies by, byvoorbeeld die lied moet uitbundig gesing word, of sag, of harder, terughoudend. ‘n Treurlied word totaal anders gesing as ‘n feeslied. By die doop word ander liedere gesing as by die dood. Oorlogsliedere klink totaal anders as huweliksliedere.

Netso was daar instruksies in die Bybel oor hoe die musiek gemaak moes wees.

In Ps 30:5 is daar ‘n duidelike opdrag dat daar tot die eer van die Here gesing moet word. Daarmee saam word geskryf dat ons die Here moet loof. In Ps 98:1 word ons aangesê om ‘n nuwe lied tot eer van die Here te sing omdat Hy oorwin het. Ps 49:1: Sing tot Sy lof.  Die hele Ps 148 word gewy daaraan om almal op te roep om God te prys.

Met Jesus se geboorte is daar geSING!Eers wat dit Maria wat die grootheid van God besing het toe sy hoor dat sy die uitverkorene was (Luk 1:46-55), en net daarná is dit Sagaria se beurt om tot die eer van God te sing toe sy vrou, Elisabet swanger word met Johannes die Doper. Toe word Jesus gebore en daar word gesing. Engele het verskyn die skaapwagters en tot God gesing. Wat ‘n ervaring moes dit nie vir hulle gewees het nie!

1 Kor 14:15 gee vir ons die opdrag dat ons met die gees, sowel as die verstand die lof van God besing. Dis mos ‘n algemeen bekend dat dit een van die beste dinge is om te sing aan die begin van ‘n erediens of bybelstudie. Voluit tot God te sing. In eerbied tot Hom te sing. Dit help ons om te fokus op Hom en laat die duiwel vlug. Selfs in jou persoonlike stiltetyd is dit soms goed om sommer net tot God te sing, enige geestelike lied wat in jou kop draai. Dis daar met ‘n doel, sing hom tot eer van God.  Op baie plekke in die Nuwe Testament kom die oproep dat ons sal sing. Ef 5:19 sê dat ons moet toelaat dat die Gees ons vervul en dan moet ons onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere sing met ons hele hart tot eer van die Here. God gee nie om of ons vals sing nie. Hy luister na ons harte. Volgens Kol 3:16 wys ons ons dankbaarheid teenoor God deur te sing. Vir oulaas: As iemand opgeruimd is, moet hy lofliedere sing, sê Jakobus 5:13.

Laat ons sing tot Sy eer!

Tot volgende keer

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Musiek in die Bybel and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Musiek in die Bybel (6)

  1. Kameel sê:

    Is goed jy het die valssing in…. dit is nou ek daardie.

    Like

  2. Lekker gelees aan hierdie reeks van jou. Elke keer as ek jou opskrif gesien het, het ek gedink aan ‘n reeks wat baie jare gelede, toe ek nog ‘n kind was, oor die radio was. Dit is aangebied deur die bekende Dr Murray Janson onder die titel; Humor uit die Bybel – ‘n onderwerp waarmee mens baie versigtig mee moet wees (veral destyds in die laat 1960’s). Hy het dit egter so goed gedoen en tot vandag toe kan ek nie help om te glimlag wanneer ‘n predikant ernstig preek oor gedeeltes wat destyds oor die radio bespreek is nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s