Banting en soetigheid

Dit gaan oor insulien en insulienweerstandigheid en al derglike dinge, dat ons wat ‘n suikerverslawing het, moet leer om daarsonder klaar te kom. Wanneer ons suiker/stysel eet, skei die liggaam insulien af, ons liggaam vra na meer suiker, ons eet meer suiker, die liggaam skei meer insulien af, ons raak insulienweerstandig. Ek wil nie verder daarop uitbrei nie, gaan lees eerder ‘n boek soos ‘The Big Fat Surprise’ om te sien wat insulien met die vet maak.

Wanneer iemand die Bantingleefstyl volg, sny hy mos vrywillig alle suikers en stysel uit sy dieet en vehoog sy vetinname. Ek sê vrywillig, want ‘n mens is mos ‘n snaakse ding. Sê hy móét, dan wil hy nie. Sê vir hom “moenie”, dan wil hy. So ek sê altyd ek mag alles onder die son eet, ek verkies net om dit nie te eet nie.

Ek is (was) ‘n verskriklike soettand. Ek sou die soetste sjokolade of soetste stuk tert verorber. Wanneer ‘n mens met Banting jou vetinname verhoog, verdwyn die suikerlus. Mettertyd raak dit al hoe minder. Die oranje lys laat ons toe om ongeveer een vrug per dag te eet. (Een normale vrug soos ‘n appel of lemoen, nie een hele waatlemoen nie!) Iemand sê nou die dag vir my dat sy dit nie eers waag nie omdat dit dan haar behoefte aan soetgoed aanwakker. So verskil ons almal. Ekself eet nie meer elke dag ‘n vrug nie, maar wel wanneer ek lus kry vir dit.

Dit bring my by kunsmatige versoeters. By Banting eet ons regte kos, nie nagemaakte goed wat soos kos lyk nie. Maarrr … daar is iets soos kunsmatige versoeters. Dit kan onmoontlik goed wees vir ons. Aspartame is gif. Ek wonder selfs oor Xylitol, wat toelaatbaar is. Tog is dit vir my ‘n kruk.

Daar gaan weke verby wat ek geen kunsmatige versoeters inneem nie, dan gebeur daar iets. Hulle praat dalk op die radio van ‘n kaaskoek of lekker poeding, soveel so dat ek lus raak, of ek kry sommer net lus vir iets soets. Soos ek al voorheen genoem het, ons is níé in ‘n strafkamp nie. Dis ‘n leefstyl wat ek die res van my lewe wil doen, so, in plaas daarvan om my totaal te ontneem van soetigheid en myself dan oor ‘n ruk totaal te vergryp dat ek heeltemal van die Bantingwa afval en weer in Tamatiestraat sit, is ek gewillig om ‘n alternatief te neem.  Ek praat uit ondervinding. Ek het al baie dieetprogramme in my lewe gevolg. Wanneer die wilskrag nie daar is nie, VAL jy bitter hard.

Daarom sal ek op behoefe-aan-soetgoed-dae wel kunsmatige versoeters gebruik, gif of te nie. Eerder dít as wat ek my vergryp aan ‘n hele sjokoladekoek! Sulke dae maak ek vir my ‘n soet roomtert met dieetjellie wat een of ander verbode, nagemaakte soet, bevat, ek eet daai tert na hartelus en voel bevredig na liggaam en siel, en gaan voort met my lewe sonder skuldgevoel dat ek myself so vergryp het en nie weer weet hóé om daaroor te kom nie. Vir my is die kruk steeds veiliger as die suiker waaraan ek verslaaf was. Dit help my om nie moed te verloor nie.

Ek probeer regtig nie om alles te vervang nie, ek maak heeltemal ander tipe kos, maar soms, net soms, en dit raak regtig al hoe minder, soek ek steeds ‘n soetigheidjie. Dankie tog vir krukke. Die behoefte aan soetigheid raak al minder. Op ‘n stadium het ek daagliks vir my ‘n vinnige versnapering gemaak, en amper weekliks ‘n roomkaastert. Deesdae maak ek byna nooit meer die sjokoladeversnapering nie en die tert nie eers meer elke maand nie. Ek dink selfs om van nou af net ‘n halwe tert op ‘n slag te maak. Die krukke werk beslis vir my.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad
Bestel Toortsie se Bantingboerekos hier

Toortsie se Faceboekblad

madele_resepteboek_photographybylize (151)

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Geleefde Christenskap, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

15 Responses to Banting en soetigheid

  1. ekmyselff sê:

    Mense kry nogals baie verskillende “krukke” in die lewe, hulle help mens op verskillende maniere, ek kan ook nie sien hoekom mens nie van dit gebruik kan maak nie…. tjo ek is ook n HUGE soettand!

    Like

    • Toortsie sê:

      Krukke het beslis ‘n doel. Ons sal maar net moet waak daarteen dat ons te afhanklik raak van hulle. In die proses moet ons sterker raak en weer op ons eie bene staan. Ek het ook ‘n erge soettand! 🙂

      Like

  2. Sug… SUG… dis my grootste probleem

    Like

  3. As ek suiker probeer uitsny,is dit asof ek onttrekkingsimptome ontwikkel.Teen laatmiddag wil ek my polse afkou vir iets soets.Ek is nie vet of oorgewig nie,maar ek weet dis ‘n ongesonde probleem.

    Like

  4. Jy lyk so lekker ondeund op die foto – baie mooi. Ek het nie ‘n probleem met soetgoed nie … behalwe suigstokkies; daarby kan ek nooit verbyloop nie.

    Like

  5. nowathome sê:

    Sjokolade is my probleem!!

    Like

  6. Pixie sê:

    Ek het ook na ‘n paar diete besef die “geen vet, geen suiker” is beslis die beste vir my. Dis hoe ek gewig verloor en my maag nie ‘n bolletjie staan nie. Ek bly afval alhoewel, as ek net kan leer om op te hou emosioneel eet. Aanhouer wen. Ek love jou foto!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s