Toortsie se Toeke Tokkel oor besonderse mense

In opdrag van Scrapydo

Vandag kan ek nie anders as om vir God te besing, wat só besonders is om die regte, besonderse mense op my pad te stuur as ek dit op my heel nodigste het nie.

Op ‘n stadium wat my moed regtig gebreek was en ek nie geweet het of ek moet sit of staan of dalk sommer net op ‘n hopie moet lê nie, loop ek ‘n ou oom raak wat my my hele lewe baie goed geken het. Soos altyd gaan groet ek hom. Hy gaan staan teen sy bakkie en begin vir my dinge oor my karakter sê, dinge wat hy in my waardeer.

‘n Ander keer wat ek so uiters waardeloos voel, stap ek uit die kerk uit ná die diens. ‘n Vriendin staan in druk gesprek met ‘n ander vrou. Ek huiwer om hulle te groet, want ek is so bang om in te meng. Tog kan ek nie verby loop sonder om te groet nie. Ek vra verskoning en sê ek wil net hello sê, waarop sy omdraai na my, my hande in albei haar hande vat, vir my die mooiste woorde sê, so bly om my te sien! … My gebroke siel kry ‘n pleister …

Keer op keer gebeur dit. Keer op keer het ek bevestiging nodig. Selfs met ‘n groot besluit stuur God vir my die antwoord deur mense wat nie eers weet van die vraag in my hart nie. Daar is ‘n vraag in my kop oor die toekoms van my boek. In ‘n uur se tyd kom daar 2 mense uit totaal verskillende oorde, die een het ek nog nooit gesien nie, en bevestig woord vir woord wat ek moet doen.

Ek sien ‘n baie bekende persoon in ons land, een met baie invloed onder veral ons Afrikaanssprekendes,  sê in erg ruwe taal dat daar geen bewyse is dat hier ‘n God is nie. Oeee, my God leef! Hier gebeur nét te veel toevallighede in my lewe om toevallig te wees! Hoe is dit moontlik dat mense uit die bloute na my toe kom en ongevraagd die regte dinge vir my sê, presies wat ek op daardie oomblik nodig het of waarmee ek worstel. Soos Josua van ouds sê ek: “Kies jyself vir wie jy wil dien, maar ek en my gesin dien die Here.”

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

6 thoughts on “Toortsie se Toeke Tokkel oor besonderse mense

  1. Baie sterk woorde wat jy hier gebruik. Die lewe is nie die moeite werd as jy nie God in jou lewe het nie. Hy is die grootste en besonderste”persoon” wat daar kan wees. HY stuur vriende of mense om jou pad te kruis. Baie dankie vir jou volgehoue deelname aan Toeka-Tokkel. 🙂

    Liked by 1 person

  2. As ‘n mens ingestel is op Hom sien jy sy omgee vir jou in so baie dinge en op so baie maniere. Toevallig? Nie maklik nie…. God aan die werk in die kleinste besonderheid van ons lewens. Mooi dag vir jou!!

    Like

Gesels saam, asseblief!