Die rykste man in Babilon

 Toe hierdie boek in 2008 uitgekom het, het ek dit by iemand geleen en absoluut verslind. Ek het dit baie vinnig gelees en daarná het ek soveel keer gewens dat ek dit net weer in my hande kon hou om te raadpleeg. Nou, na al die jare, het ek dit weer vir my gekoop en regtig, dis ‘n belegging, ‘n boek wat ek graag vir ELKE persoon wil aanbeveel.

Deur ‘n klomp antieke verhale word die verantwoordelike gebruik van geld bespreek. Eenvoudige reëls wat ENIGE mens kan toepas, van die rykste tot die armste mens. Ek het die reëls soos hierin vervat toegepas in my persoonlike finansies en pluk die vrugte daarvan. Dat dit nie elke dag maklik is om daarby te hou nie, is wel waar. Tog kan ek getuig dat ek dit begin doen het toe ek REGTIG nie geld gehad het om behoorlik van te leef nie, wat nog te sê te spaar!

Kortliks kom dit daarop neer dat jy moet leer om met 70% van jou inkomste te leef, hoe moeilik dit ook al mag wees. Veral in die begin, of in moeilike tye, verg dit baie beplanning. Daarom is ‘n begroting nodig sodat jy kan sien waarop jy dalk onnodig geld spandeer, watter uitgawes is totaal onnodig, waar is dalk goedkoper opsies. Die gedagte is dat jy leer om 10% van jou inkomste te spaar, om dit NOOIT te gebruik nie, 20% van jou inkomste gebruik jou om jou skuldeisers te betaal en die res mag jy dan gebruik vir jou en jou gesin se persoonlike lewenskoste. (Dan glo ek mos nog in die drie tiendes ook, wat my weer eens uitbring by 70% vir jou lewenskoste).

Ek belowe jou: Dis die enigste manier om finansieel vry te raak. Soveel mense het al vir my gesê: ‘Ek het nie eers genoeg om van te leef nie, hoe kan ek nog spaar ook?’ Dis BAIE waar, veral in vandag se tye. Ek verstaan dit heeltemal. Baie keer het ek al gebrand om in daardie ‘kittie’ te loop krap, maar as jy dit eers regkry en by daardie beginsel hou, sal jy NOOIT terugkyk nie.  Die feit is dat dit nie saakmaak hoeveel ons inkomste is nie, ons sal dit UITLEEF. Hierdie skryf ek met die grootste begrip en empatie vir mense wat totaal onder die broodlyn leef.

Koop vir jou die boek. Lees hom met ‘n leerbare gees. Begin om dit toe te pas. Jy sal nie spyt wees nie!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geldsake and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Die rykste man in Babilon

  1. Dankie Toortsie..dit lyk na ‘n goeie boek.Deesdae gaan dit orals boomskraap want mense leef bo hul vermoeëns.Ek dink dat krediet die grootste euwel van ons tyd is…koop nou betaal later…’n resep vir ‘n fiasko!

    Like

  2. Terug pieng: So jy het jou eerste salaristjek ontvang? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s