Haar grootste geskenk

Op ‘n tyd in my lewe wat alles deurmekaar en dol was, wat ek ietwat moedeloos was, het ek die behoefte gekry om sommer net ‘n lekker ligte boek te lees. Ek lees hoe om God een ja op ‘n slag te volg, hoe om grense te stel, mensvaardighede. Iewers het ek toe net lus vir ‘n lekker storie met ‘n mooi einde, niks ingewikkelds nie, net ontspannend. Die boek wat my oog vang: ‘Haar grootste geskenk’ deur Marilé Cloete.

Ag, het ek nou lekker gelees! So in die middel van die boek vang ek myself dat ek weer kliphard sing en dans in die huis, raak die lewe ligter en makliker, haal ek weer vryer asem. En ja, die boek hét ‘n mooi einde, hoe dan anders?

Op Bl 109 staan daar dat Marilé Cloete steeds romanses skryf omdat sy hardnekkig bly glo dat elke storie ‘n gelukkige einde kan hê. Ja! Ek glo dit ook! Sy sê ook dat die moderne vrou soms ‘n tikkie ontvlugting nodig het, om weer met albei voete in die werklikheid te kan staan en ‘n positiewe krag in ‘n negatiewe wêreld te wees. Ja! Ek stem saam!

Daar was sommer tydens die lees van hierdie boek ‘n hele klompie goedvoelhormone afgeskei, en ons almal kan soms doen met so ‘n bietjie daarvan.

Lekker lees

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

11 Responses to Haar grootste geskenk

  1. nowathome sê:

    Sal die boek moet gaan soek!

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Klink na n lekker boek!

    Like

  3. Ek soek ook soms so ‘n ligte boek, een wat geen konsentrasie verg nie. Ons noem dit altyd ‘n “light read” in ons boekklub.

    Like

  4. Al is ‘n verhaal onrealisties,is dit heerlik om jouself daarin te laat wegvoer…verbeelding is ‘n heerlike plek!

    Like

  5. ekmyselff sê:

    Ja ek wil ook nou n lekker boek lees en sommer my FB tydelik toemaak…. al die wereld dinge kry my bietjie onder…. dink dia n plan of RSG se stories download en luister in die verkeer

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s