Musiek in die Bybel (4)

Hierdie is deel van ‘n kort reeksie oor musiek in die Bybel. Die ander inskrywing hieroor kan HIER gelees word.

Verskillende liedere is by verskillende geleenthede gesing, net soos vandag waar ons vreugdeliedere het, meer stemmige liedere, hartseermusiek, dansmusiek.

Nadat die bouwerk van die tempel in koning Salomo se tyd voltooi was, is die ark onder groot seremoni in die tempel gesit. 2 Kronieke 5 beskryf dat al die aanwesige priesters, ongeag van hulle diensbeurte, hulleself gereinig het. Die Levitiese sangers het oos van die altaar reggestaan met simbale, harpe en liere. Hulle het linneklere aangehad en by hulle was daar omtrent 120 priesters, wat trompetblasers was as ek dit reg lees. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en loflied tot eer van die Here het opgeklink. Op daardie oomblik het ‘n wolk die huis van die Here gevul, soveel so dat die priesters nie vir diens kon aantree nie omdat die magtige teenwoordigheid van die Here so groot was.

In Esra 3 word die herbou van die tempel beskryf, ná die ballingskap. Selfs die lê van die fondamente is met trompette en simbale gevier. Die herbou van die muur rondom Jerusalem is ook met lofliedere en met musiek van simbale, harpe, liere en sang gevier. (Neh 12:27-28)

Natuurlik is musiek ook by alle feeste gebruik, en by die inhuldiging van ‘n nuwe koning. Trompette is geblaas van vreugde. Lees gerus Moses se pragtige lied nadat God hulle gered het van die Egiptenare in Eks 15, en net daarná, ook die lied van Mirjam. In Rigters 5 is die oorwinningslied van Debora en Barak. Ek kan verstaan dat hulle gesing het van vreugde, ekself wil net sing van vreugde as iets goeds gebeur het, ek wil op my klavier speel dat dit dreun, ek wil sing uit volle bors. Maar as ek huil, kan ek nie sing nie, dán huil my klavier saam met my. Ons maak mekaar dan weemoedig.

Hulle het selfs gesing sodat ‘n put in die woestyn vir hulle water gee! (Num 21:17)

Die Psalms is natuurlik die een lied op die ander, elkeen met sy eie karakter. In Ps 27:6 skryf Dawid dat hy onder trompetgeklank sy offers sal bring, ‘n lied sal sing tot eer van die Here terwyl hy neerkyk op die vyande rondom hom. Hy sing ook wanneer hy weer veilig voel ná hy bedreig was (Ps 57:8). Hy vra dat God hom ‘n lang lewe sal gee, dan sal hy altyd Sy Naam besing (Ps 61:9). Hy sing van God se liefde, tot Sy eer (Ps 101:1).

Tot volgende keer

Toortsie

Bron: Die Bybel in Praktyk

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Musiek in die Bybel and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Musiek in die Bybel (4)

  1. Ja en as jy dit deesdae doen, is dit onstigtelik. Geen geraas nie asseblief! Ons het iewers ons lewens-blyheid verloor of dan heeltemal afgewater.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek soek ‘n kerk totdat ek een kry waar daar werklik “worship” is. Dit is wonderlik om deel te wees van duisende mense wat God loof en prys, met baie musiekinstrumente.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s