Banting: Wat mag ons drink?

Vir baie Banters is dit die probleem: Wat mag ons drink?

Natuurlik koffie en tee. Ekself vas koffie om ‘n persoonlike rede, so dis vir my uit. Ek kon dus nog nooit proe hoe ‘Bullet Proof Coffee’ smaak nie. Dis blykbaar koffie met room en botter in, as ek mooi verstaan.

Wat drink ek?

Natuurlik water. Skoon water, water met ysblokkies, water sonder ysblokkies, water met ‘n suurlemoenskyfie in. Nou die aand het iemand ‘n mintblaartjie saam met die suurlemoenskyfie in die water gegooi. Dit was nogals ‘n lekker verandering.

Rooibostee, sonder melk en suiker. Sterk, sodat jy die tee kan proe. Ek het ook ‘n groot hoeveelheid gegeurde tees. Rooibostee met Fennel. Rooibostee met suurlemoen. Met vanilla. Camomile. Pepperment. Met … Ek het al baie hieroor gewonder. Sit hulle regte camomile blaartjies by of is dit ‘n geurmiddel, want as dit ‘n geurmiddel is, is dit mos nie reg nie. Chai. Ek lees dat die Chaitee by koffiewinkels so baie suiker bevat. Ja, ek het dit al geproe ook. Tog, as ek op die boksie kyk, is dit net speserye wat daarby gevoeg is. Ek drink selfs soms rooibostee met ‘n heuningeur. Dalk is dit suiker?  Of dit reg is of verkeerd, weet ek nie, maar dis ‘n heerlike afwisseling op net water of rooibostee. En ja, na 18 maande op Banting verloor ek steeds gewig, so ek kan nie dink dat dit té erg is nie. Baie van die goed wat op die NEE-lysie is, is omdat daar gifstowwe in is, en nie omdat dit gewigsverlies strem nie.

Alhoewel Prof Noakes nie alkohol aanbeveel nie, is ons tog nie in ‘n strafkamp nie. Ek wil hierdie Bantingleefstyl die res van my lewe volg, daarom moet dit uitvoerbaar wees. Vir meer as ‘n jaar lank het ek steeds elke aand ‘n glasie rooiwyn saam met my man gedrink. Deesdae drink ek dit slegs op spesiale geleenthede.

Ek doen ook die ONTOELAATBARE. As ek REGTIG lus het vir iets anders, sal ek ‘n glasie Coke Lite drink, of ‘n enkelbrandewyn met Coke Lite. Ag, dis nou een maal in twee weke dalk. Dis NIE die norm nie, dis ontoelaatbaar, maar ek is mooi groot en soms kies ek dan wel die ontoelaatbare. Ek glo dis steeds beter as ‘n glas HEAVY COKE, met sy BAIE lepels suiker.

‘n Mens moet oppas om die lewe nie té ingewikkeld te maak nie.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER

Toortsie, Kameel en Bokaaivygie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Banting: Wat mag ons drink?

  1. Lyk of mens maar net gebalanseerd moet bly en matigheid voor oë hou.😄

    Like

  2. netjane sê:

    Ek maak my eie chai spesery en dis heel ingewikkeld. Chai behoort net water, melk (of room, heerlik! Of klappermelk, ook baie lekker), die spesery en tee in te hê. Suiker na smaak, maar glad nie nodig nie. Ek sit nog lemongrass by want ek hou van die smaak, ander sit mint by. Die “premix” melkerige chais by koffiewinkels ens het baie suiker en proe eintlik glad nie na the real deal nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s