Toortsie Toeka Tokkel Tuisdorp. Lekker alliterasie! 🙂 In opdrag van Scrapydo.
My tuisdorp is Bredasdorp, ‘n dorp in die Overberg. In my kinderdae was ons geleer dat dit die mees Suidelikste dorp in Afrika is, maar eintlik is Agulhas die mees suidelikste dorp. Hoe dan anders? By Agulhas kom die twee oseane bymekaar: Die Indiese Oseaan met sy warm Mosambiekstroom en die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengualla stroom. Vir pragtige foto’s van ons mees Suidelike punt, kan julle gerus HIER kliek.
Ek was nog nooit ‘n dorpenaar nie, behalwe vir die 4 jaar wat ek op Stellenbosch studeer het en 6 maande wat ek in Bedford skoolgehou het. Al die ander jare was ek plaaskind of boervrou.
As ons praat van dorptoe gaan, bedoel ons Bredasdorp. As ons na enige ander dorp gaan sal ons die dorp se naam sê. Bredasdorp is ons dorp. Ons gaan daar kerk toe, skool toe, winkel toe. Ons kuier daar.
Bredasdorp is bekend as ‘n ‘omgeedorp’. Ons mense gee om vir mekaar. Ons praat nog hoofsaaklik Afrikaans, maar hier is al ‘n paar mense wat anders praat: Chinees, Engels, Xhosa …
Ons dorp het ‘n uitstekende ouetehuis waar ‘n mens regtig gemaklik kan voel om jou ouers te laat versorg. Hier is heelwat kerke wat aktief besig is. Hier is ‘n NG Kerk, Christen Geloofsentrum, AGS, Hervormde kerk, Gereformeerde kerk, Interdenominale kerk, en nog baie ander wat ek nie van weet nie. Op geloofsvlak word baie gedoen en die kerke werk nou saam. Die dorp het ‘n sendinghart.
Die skeepswraksmuseum is werklik iets om te besoek as jy ooit hier sou kom.
Ek is mal oor ons dorp. Ek wil op geen ander dorp bly nie. Ek is lief vir sy mense en voel tuis tussen hulle. In hierdie dorp het ek mens geword.
Ons grootste bate is natuurlik die see, en ons Bredasdorpers benut dit regtig dwarsdeur die jaar. Dis gevaarlike see en menige bote het al hier vergaan. Die skeepswraksmuseum is werklik iets om te besoek as jy ooit hier sou kom.
Ons dorp het ‘n groot boeregemeenskap en hier word met graan en skape geboer, en ‘n melkery hier en daar. Gedurende die winter is ons dorp omring met die mooiste graanlande. In die somer kan dit maar droog raak.
Ons het ook ‘n lugmagbasis hier en dan is die bekende Overberg Toetsbaan ook hier. Dis die enigste toetsbaan in die Suidelike Halfrond waar groot vuurpyle, ens getoets kan word.
‘n Skrywer wat hier grootgeword het en op wie ons baie trots is, is natuurlik Audrey Blignaut.
Groete,
Toortsie
Hierdie twee foto’s is geleen op ons kerk se FB blad
Ek is mal oor julle dorp..dis een van die mooiste dorpies in die land!
LikeLike
Dankie 🙂
LikeLiked by 1 person
Bredasdorp is ook my dorp( en dan Struisbaai en Agulhas, 2 van Bredasdorp se 3 naby strande). Die gevaarlike see vir bote het die veiligste swemstrand in die land: Struisbaai! Hier het vandat ek onthou (65jr) nog NOOIT n swemmer verdrink nie. En dan het h6 nog die warm stroom water ook.
LikeLike
Ek dink antyd die lewensredders wat Struisbaai toe kom vakansies het ‘n heerlike tyd. Dit kan seker vervelig raak as hul outjies is wat baie wil red!
LikeLiked by 1 person
ja! Hulle het blykbaar hierdie afgelope vakansie ‘n dogtertjie gered, maar hoe waar dit is, weet ek nie. Die ou wat konsuis die vorige jaar ” verdrink het” ( in wyn dalk?) en van wie glad in die koerant geskryf is, het 2 dae later springlewendig by sy viende opgedaag. Dit laat my so dinnk aan die storie van die haai in L’Agulhas se swembad, wat ons ook elke jaar hhoor vir die afgelope 65 jr…..
LikeLike
Mooi man 🙂 regte seestories
LikeLike
Daardie kerk is te pragtig!!! Sou dink die water is klaar te koud om in te swem so naby aan die Suidpunt…. maar blykbaar nie. Met al ons Kaap getoerery het ons julle dorpie gemis 😦
LikeLike
Dankie, dit is ‘n mooi ou kerk. Kliek gerus op die skakel na die NG Kerk dan kyk jy die foto’s van die binnekant. Die water is nie meer yskoud nie. By Struisbaai begin jy al die warmte voel van die warm stroom. Dis ‘n goeie mengsel van die twee strome. In die Kaap is die water koud, in Mosselbaai warm en ons is tussen-in. Wat sê Openbaring oor lou water?
LikeLike
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.483045838429445.111388.180159298718102&type=3
LikeLike
Ek is nou skoon die kluts kwyt. Bredasdorp is dan nog voor Hermanus…. en ek het gedog julle bly naby Kaappunt 😦 Soos ek geleer was kom die twee oseane daar bymekaar. Hemeltjie tog ek is nou skoon deurmekaar…. het julle dorpie gaan bekyk, pragtig!!
LikeLike
Kaappunt vertel tog te graag dat die twee oseane daar bymekaar kom … 😉
Hermanus is tussen ons en die Kaap.
LikeLiked by 1 person
‘n Interne grappie tussen die musiekspan. Toortsie op regs
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my of dit rerig die moeite wed is om daar te kan bly. Dis die mooiste kerk en omgewing. Dankie vir jou mooie vertelling ek kan alles in my verbeelding sien.
LikeLike
Dankie, ek is gelukkig hier.
LikeLike
Mooi man. Het nogal so oor Potgietersrus gevoel! Lewe loop maar vreemde draaie.
LikeLike
Een mooie dorp!! Dankie vir al die lekker inligting! Weet toevallig van die toetsgronde…..my swaer moes al van hul “geheime” daar gaan toets.
LikeLike
Ja, die toetsbaan het die hele ‘wêreld’ na ons gebring. 🙂
LikeLiked by 1 person
Bly jy het Audrey Blignault genoem! Het met haar essays grootgeword en het haar eenkeer ontmoet. So ‘n warme belangstelling in haar medemens het sy gehad.
LikeLike
Bredasdorp is baie trots op haar.
LikeLike
Ek hou ook van Bredasdorp maar ek was baie lanklaas daar (in 2004 dink ek).
LikeLike
Gaan juis more deur jou dorp ry Agulhas toe. Dis vir my een van die mooi dorpe in die Overberg.
LikeLike
Hoop jy geniet die dag. Dis winderig vandag
LikeLiked by 1 person
Ek was nog nie daar nie, sal moet gaan kyk!
LikeLike
!!
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n lieflike kerk. Dis ‘n jammerte dat ons hier in Suid-Afrika ons kerkgeboue se deure gesluit moet hou teen vandale – ek sal heeldag lank in so ‘n mooi kerk kan sit en die atmosfeer indrink. Ek het onlangs twee van Audrey se boeke aangeskaf en geniet haar sketse oor haar tuisdorp, haar pa wat burgemeester was en die Ier met die warm bloed wat haar ma was. Sy het beslis ‘n waardeing vir haar dorp gehad.
LikeLike
Ja. Daar word gesê dat ‘n profeet nie in sy eie dorp geëer word nie, Die teendeel is vir haar waar. Die Bredasdorpers was baie lief vir haar.
LikeLiked by 1 person
Dis die dorpe wat SA spesiaal maak
LikeLike
Klink regtig of jy heerlik bly. Daar gebore en daar getroud… diep wortels klink dit my.
Lekker gelees.
LikeLike
Ja. 🙂 (Ek het my man ingevoer)
LikeLiked by 1 person
Ons is so geneig om maar te aanvaar dat ons tuis is ne, dan praat en lag ons. Ek trap deesdae bietjie meer in myspore. veral nadat ek so week of wat terug gese het ek gaan gou stort en die buurman geroep het, “Buurvrou, ek is nou daar om jou rug te was.” ek wonder nogal of hy weet ek kon hom hoor. 😆
LikeLike
Skusie, gedag ek lewer kommentaar op Sally se skrywe.
LikeLike
🙂 Mens moet deesdae tog so versigtig wees! 😉
LikeLike
Blyk dan ‘n plattelandse gewoonte te wees. “Dorp” is plaaslik, al woon jy net een blok weg van alle kommersiEle geboue en enige ander word by naam genoem.
LikeLiked by 1 person
Ja, dit is ‘n plattelandse gebruik. Die dorpsmense praat ook van dorp toe gaan as hulle winkel toe gaan. As ek bv op Struisbaai is en gaan winkel toe, sê ek ek gaan winkel toe.
LikeLike