Toortsie se Toeka Tokkel oor Tuisdorp

Toortsie Toeka Tokkel Tuisdorp. Lekker alliterasie! 🙂 In opdrag van Scrapydo.

My tuisdorp is Bredasdorp, ‘n dorp in die Overberg. In my kinderdae was ons geleer dat dit die mees Suidelikste dorp in Afrika is, maar eintlik is Agulhas die mees suidelikste dorp. Hoe dan anders? By Agulhas kom die twee oseane bymekaar: Die Indiese Oseaan met sy warm Mosambiekstroom en die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengualla stroom. Vir pragtige foto’s van ons mees Suidelike punt, kan julle gerus HIER kliek.

Ek was nog nooit ‘n dorpenaar nie, behalwe vir die 4 jaar wat ek op Stellenbosch studeer het en 6 maande wat ek in Bedford skoolgehou het. Al die ander jare was ek plaaskind of boervrou.

As ons praat van dorptoe gaan, bedoel ons Bredasdorp. As ons na enige ander dorp gaan sal ons die dorp se naam sê. Bredasdorp is ons dorp. Ons gaan daar kerk toe, skool toe, winkel toe. Ons kuier daar.

Bredasdorp is bekend as ‘n ‘omgeedorp’. Ons mense gee om vir mekaar. Ons praat nog hoofsaaklik Afrikaans, maar hier is al ‘n paar mense wat anders praat: Chinees, Engels, Xhosa …

Ons dorp het ‘n uitstekende ouetehuis waar ‘n mens regtig gemaklik kan voel om jou ouers te laat versorg. Hier is heelwat kerke wat aktief besig is. Hier is ‘n NG Kerk, Christen Geloofsentrum, AGS, Hervormde kerk, Gereformeerde kerk, Interdenominale kerk, en nog baie ander wat ek nie van weet nie. Op geloofsvlak word baie gedoen en die kerke werk nou saam. Die dorp het ‘n sendinghart.

Die skeepswraksmuseum is werklik iets om te besoek as jy ooit hier sou kom.

Ek is mal oor ons dorp. Ek wil op geen ander dorp bly nie. Ek is lief vir sy mense en voel tuis tussen hulle. In hierdie dorp het ek mens geword.

Ons grootste bate is natuurlik die see, en ons Bredasdorpers benut dit regtig dwarsdeur die jaar. Dis gevaarlike see en menige bote het al hier vergaan. Die skeepswraksmuseum is werklik iets om te besoek as jy ooit hier sou kom.

Ons dorp het ‘n groot boeregemeenskap en hier word met graan en skape geboer, en ‘n melkery hier en daar. Gedurende die winter is ons dorp omring met die mooiste graanlande. In die somer kan dit maar droog raak.

Ons het ook ‘n lugmagbasis hier en dan is die bekende Overberg Toetsbaan ook hier. Dis die enigste toetsbaan in die Suidelike Halfrond waar groot vuurpyle, ens getoets kan word.

‘n Skrywer wat hier grootgeword het en op wie ons baie trots is, is natuurlik Audrey Blignaut.

12308775_1000461806687843_7736429957602284862_n 543619_483046008429428_1166798531_n

Groete,

Toortsie

Hierdie twee foto’s is geleen op ons kerk se FB blad

35 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Tuisdorp

  1. Bredasdorp is ook my dorp( en dan Struisbaai en Agulhas, 2 van Bredasdorp se 3 naby strande). Die gevaarlike see vir bote het die veiligste swemstrand in die land: Struisbaai! Hier het vandat ek onthou (65jr) nog NOOIT n swemmer verdrink nie. En dan het h6 nog die warm stroom water ook.

    Like

      1. ja! Hulle het blykbaar hierdie afgelope vakansie ‘n dogtertjie gered, maar hoe waar dit is, weet ek nie. Die ou wat konsuis die vorige jaar ” verdrink het” ( in wyn dalk?) en van wie glad in die koerant geskryf is, het 2 dae later springlewendig by sy viende opgedaag. Dit laat my so dinnk aan die storie van die haai in L’Agulhas se swembad, wat ons ook elke jaar hhoor vir die afgelope 65 jr…..

        Like

  2. Daardie kerk is te pragtig!!! Sou dink die water is klaar te koud om in te swem so naby aan die Suidpunt…. maar blykbaar nie. Met al ons Kaap getoerery het ons julle dorpie gemis 😦

    Like

    1. Dankie, dit is ‘n mooi ou kerk. Kliek gerus op die skakel na die NG Kerk dan kyk jy die foto’s van die binnekant. Die water is nie meer yskoud nie. By Struisbaai begin jy al die warmte voel van die warm stroom. Dis ‘n goeie mengsel van die twee strome. In die Kaap is die water koud, in Mosselbaai warm en ons is tussen-in. Wat sê Openbaring oor lou water?

      Like

      1. Ek is nou skoon die kluts kwyt. Bredasdorp is dan nog voor Hermanus…. en ek het gedog julle bly naby Kaappunt 😦 Soos ek geleer was kom die twee oseane daar bymekaar. Hemeltjie tog ek is nou skoon deurmekaar…. het julle dorpie gaan bekyk, pragtig!!

        Like

  3. Dit is ‘n lieflike kerk. Dis ‘n jammerte dat ons hier in Suid-Afrika ons kerkgeboue se deure gesluit moet hou teen vandale – ek sal heeldag lank in so ‘n mooi kerk kan sit en die atmosfeer indrink. Ek het onlangs twee van Audrey se boeke aangeskaf en geniet haar sketse oor haar tuisdorp, haar pa wat burgemeester was en die Ier met die warm bloed wat haar ma was. Sy het beslis ‘n waardeing vir haar dorp gehad.

    Like

  4. Ons is so geneig om maar te aanvaar dat ons tuis is ne, dan praat en lag ons. Ek trap deesdae bietjie meer in myspore. veral nadat ek so week of wat terug gese het ek gaan gou stort en die buurman geroep het, “Buurvrou, ek is nou daar om jou rug te was.” ek wonder nogal of hy weet ek kon hom hoor. 😆

    Like

Gesels saam, asseblief!