Hoekom het die koerier my gekontak?

Want die nuwe boeke het gekom! Die eerste oplaag is UITVERKOOP! 🙂 <sug van verlugting>

Kyk, dit was verlede jaar ‘n groot besluit: Hoeveel boeke moet ek laat druk? 50? 100? 1000? Dan hoor ‘n mens ook oral die refrein: “Druk meer, hoe meer jy druk hoe goedkoper raak dit.” Baie waar. Dit raak goedkoper PER BOEK, maar die bedrag wat jy moet uithaal uit jou eie sak raak al hoe langer. 🙂 Gaan die boeke voor kersfees beskikbaar wees of eers daarná?

Wel, onder kwaai spanning was die boek toe op 16 Desember 2015 beskikbaar en kon ek nog ‘n bietjie die kersgolf ry. Om die waarheid te sê, voor kersfees het ek omtrent 100 boeke verkoop, die res van die 500 wat ek laat druk het, is in die dooie tyd ná kersfees verkoop. Wat ‘n genade! Net nederig dankbaar!

Ek het gedink die tweede sarsie gaan makliker wees, maar helaas. Seegogga sê mos: Measure twice, cut once. Omdat ons wat die finale werk aan die boek gedoen het, mos maar almal nuut is in die ding, het dit gebeur dat ons gereeld nog weer aan iets moes verander. Nie net aan die inhoud van die boek nie, maar dan is ‘n sekere verstelling op die program nie soos die drukkers dit wil hê nie, dan is die formaat nie reg nie, so daar was báie pogings na die drukkers gestuur. Oorspronklik.

Hierdie keer het ons ‘n spelfoutjie of twee reggestel en is die boek weer eens aan die drukkers gestuur, in elektroniese formaat. Weer eens ‘n bietjie gesukkel hierdie kant toe en daardie kant toe en UITEINDELIK het ons die proef in die hand! Yes! oeps! Verkeerde weergawe. Weer eens word verstellings gestuur, gewag, en uiteindelik is die regte proef in die hand! 🙂

Ongemerk glip die boekies die een na die ander in ‘n koevert, ongemerk toer Toortsie die land vol. Dat dit ‘n groot uitdaging, ‘n groot avontuur is, is nie altemit nie, dis báie groter as wat ek ooit sou dink. Maar ons stap die pad, treetjie vir treetjie. Elke sms wat deurkom, epos met ‘n bestelling, boodskap van goedkeuring, herbestelling, is vir my soos sjokolade op my pad. Ek geniet nog elke keer as daar ‘n bestelling inkom. Ek staan steeds in verwondering.

Voorwaarts!

Toortsie

img_59097563831079 Hierdie was die heel eerste proef wat ek in my hand gehou het, die dag by Mega Digital. Ek kan hulle met die grootste plesier aanbeveel. Hulle werk is professioneel. Hulle is nie ‘n agterplaasbesigheidjie nie.

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Advertisements

25 thoughts on “Hoekom het die koerier my gekontak?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s