Toortsie se spiekerspinasie

Roerbraai in 100 ml botter 1 gekapte ui, 200 g bacon wat in stukkies gesny is, en omtrent so 8 groot, varsgeplukte, organiese spinasieblare uit jou tuin waarvan die stingels afgesny is en dit in stukkies gesny is.

Voeg daarby 1 wieletjie feta wat gekrummel of in blokkies gesny is en omtrent 250 ml gerasperde kaas. Onthou, jy mag maar mors met die kaas! Dan kan jy nog so 125 ml room bygooi en peper oormaal, en whala! ‘n Heerlike maaltyd, of as jy wil, bykos/groente. Net soos jy wil.

Dit help nogals as jy dit so ‘n klein rukkie kan laat staan, dan raak die romerigheid dikker.

(Ek eet sommer môre oggend nog weer daarvan vir ontbyt ook as daar oorbly!)

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Bantingresepte op Pinterest

20160209_211635[1]

20160209_211803[1]

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Toortsie se spiekerspinasie

  1. D-e-k-a-d-e-n-t!!!!! Mmmm

    Like

  2. nowathome sê:

    Yummy, gaan dit sommer vannaand maak!

    Like

  3. Feta saam met spinasie – koningskos

    Like

  4. nowathome sê:

    Het dit gemaak!! Daar het niks oorgebly nie!!

    Like

  5. Kameel sê:

    Ek kyk maar net….. te ryk vir my 😦

    Like

  6. Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel oor groente | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s