Ek is besig met ‘n kort reeksie oor musiek in die Bybel en as jy die voriges wil lees, kan jy hier kliek.
Dit lyk vir my of slaginstrumente redelik algemeen gebruik is. In 2 Sam 6:5 word ratels, tamboeryne en simbale genoem. In Eksodus 15:20 word dit ook beskryf dat die vroue agter Miriam aangeloop het terwyl sy tot eer van God vir hulle voorgesing het.
(Foto uit Ooggetuie reeks: Musiek)
Trompette was baie gebruik by die “beweging” van die Israeliete. (Num 10:2). Die priesters moes op trompette blaas wanneer hulle moes verder trek in die woestyn, wanneer hulle moes gaan oorlog maak en selfs wanneer feeste moes begin. Die trompetgeskal het elke keer die begin van ‘n belangrike gebeurtenis aangekondig. Dit was ook die aanduiding dat God sy volk sal lei en by hulle sal wees. Ek sien dat dié in Numeri van geslae silwer gemaak moes wees.
Wanneer Jesus terugkeer, sal die “laaste trompet” geblaas word (1 Kor 15:52). Mag ons tog nie onkant gevang word nie!
Hierdie webblad dui ‘n hele aantal Bybelverse aan waar die trompette gebruik is. Ek leen ook sy foto van ‘n antieke trompet.
Musiek is beslis in eredienste gebruik en dit was baie georgansieerd. Die hele 1 Kronieke 25 word gewy aan die organisasie van die musiek, die name van die persone wat verantwoordelik was daarvoor word duidelik uitgestippel. Die getal opgeleides om die sang en musiek te reël was 288! 🙂 Daar was natuurlik leerlinge ook.
Musiek is altyd by groot geleenthede (ook klein geleenthede) gebruik, wanneer hulle iets wou vier, aan God lof wou bring. Musiek was en is steeds vandag ‘n manier van uiting gee aan jou emosies.
Die Bybel is natuurlik vol van liedere. Ek weet nie hoe die melodie sou geklink het in daardie tyd nie, natuurlik baie anders as wat ons vandag sing.
Tydens heilige optogte is daar musiek gemaak, soos met die terugbring van die ark na Jerusalem (2 Sam 6).
Toe die tempel klaar gebou was, was dit ‘n groot geleentheid toe die ark in die tempel gesit is. Die musikante was op hulle pos. ‘Presies gelyk, soos een man, het die trompetblasers en die sangers die lof en dank aan die Here laat weerklink. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en die loflied ter ere van die Here het opgeklink: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.”‘ Op daardie oomblik het die magtige teenwoordigheid van die Here die tempel van God gevul. (2 Kron 5 vanaf vers 13)
Volgende week vertel ek verder.
Groete
Toortsie
Toortsie se faceboekblad
Bronne: Bybel in Praktyk; Ooggetuie reeks: Musiek
Baie interessant! Hoe het dit gebeur dat ek d ander gemis het? Sal moet gaan loer!
LikeLike
Dankie
LikeLike
Dink sommer nou aan Dawid wat voor die ark uit gedans het. Kon nie ‘n baie morbiede optog gewees het nie. 🙂
LikeLiked by 1 person
By daardie insident dink ek aan die koning se klere! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek ook…. maar ons los dit maar aan die verbeelding oor 🙂
LikeLike
En wat noem ons pastoor gister in die kerk? Dawid wat voor die ark uit gedans het…. toe Michal sy vrou hom berispe … sê hy so ewe “I will celebrate before the Lord. I will become even more undigniefied than this……..” 🙂
LikeLike
Musiek is by enige geleentheid die faktor wat atmosfeer skep. Ek is dus nie verbaas dat musiek ook ‘n groot rol speel in godsdiens nie. Dis ‘n baie interessante reeks hierdie Toortsie.
LikeLike
Dankie 🙂
Ek is bevrees ek herhaal myself dalk soms.
Ja, musiek is inderdaad ‘n atmosfeerskepper.
LikeLike
Ek gaan beslis in die hemel op ‘n harp speel
LikeLike
Mooi! 🙂 Ek sal bly wees om te kan sing. 🙂 Ag, dalk het die Here vir my ‘n spesiale instrument in gedagte. 🙂
LikeLiked by 1 person
O ja en ons sing in die Engelkoor
LikeLike