In opdrag van Scrapydo. My eerste speelgoed, lieflingsonderwerp, lieflingstydverdryf, geliefkoosde onderwerp, as ek die HAT sou aanhaal.
Ek het so baie stokperdjies, al van kleins af, so dit sal moeilik wees om my éérste een te noem. Sommer van kleintyd af het ek graag saam met my pa op die plaas rondgery, by mense gaan kuier as hy by hulle verby ry.
As my ma naaldwerk gedoen het, het ek saam met haar naaldwerk gedoen. Ek was 8 jaar oud toe my ma vir my ‘n Singer naaimasjien gekoop het, een met ‘n slinger. Die eerste kledingstuk wat ek daarop gemaak het, was ‘n romp vir myself. Het tannie Mags gebrei, het ek saam met haar gebrei, en het ouma Lenie kom kuier, het ek saam met haar gehekel. Word daar koekies gebak, het ek help uitrol en Maandae het ek saam met die vroue kamtig help stryk aan die sakdoeke met die ou strykysters wat op die stoof warm gemaak moes word.
Dan praat ek nie van my ma se klavier nie. Ek was totaal verlief daarop!
Meestal het ek myself besig gehou met my poppe. O, ek was verskriklik lief vir my poppe, veral ‘n spesifieke een, Sôtie. Hierdie foto is van my poppe wat die oorlog oorleef het, en die een met die pers rokkie, is Sôtie. Dalk moes haar naam Shortie wees, maar sy is vernoem na ‘n kleurlingmaatjie wat ek gehad het, en hy was Sôtie. Sôtie was my kind, my allerliefste kind. Ek het nêrens sonder Sôtie gegaan nie. Sôtie het ‘n materiaallyfie gehad wat gou uitmekaargeval het, toe het tannie Mags haar lyfie twee keer vervang. Sy het ‘n lyfie van ‘n sykous gemaak wat sy weer gestop het. Het iemand van Sôtie gehou, het ek van daardie persoon gehou. Het die persoon nie van Sôtie gehou nie, was sy nie op my lys van gunstelingmense nie. Het iemand durf waag om te sê Sôtie is lelik, ai, jai, jai! 😦 Ek moes noodgedwonge toe ek hoërskool toe is, ophou speel met Sôtie. Toe kon ek haar nie meer saamneem koshuis toe nie. Ek was ‘groot’, maar naweke as ek huistoe gekom het, het Sôtie weer tog te lekker agter my rug geslaap.
Die mooiste, lekkerste, grootste kompliment wat ek gekry het, was toe ek eendag my poppe vir my dogter uithaal en sy haal tussen hulle almal, vir Sôtie uit om ook háár gunstelingpop te word!
Lank lewe Sôtie!
Groetnis
Toortsie
As nagedagte: Ek dink hulle moet maar eendag vir Sôtie saam met my begrawe. Sies tog, anders is sy alleen! 😉
Ek hou van Sôtie!!!! Agt jaar toe kry jy ‘n singer….. hoef ek enigsins meer te sê…. soos bv van die Spreuke vrou, wat my laat skaamkry?
LikeLike
Meer vir speel en popklere maak. 🙂
LikeLiked by 1 person
So bly jy hou van Sôtie! Sê nou jy het nie! Chaos!
LikeLike
Ek durf nie waag om nie van haar te hou nie 😆
LikeLike
So bly vir jou insig! 🙂
LikeLiked by 1 person
Miskien was ek sommer net bevoorreg dat my ouers dit vir my kon doen?
LikeLiked by 1 person
Toortsie ek raak sommer nostalgies… my ma het so ‘n swart Singer naaimasjien gehad….
LikeLike
Het nog myne. Xx
LikeLiked by 1 person
Hulle is bebou om ye hou. Jy is gelukkig. ☺
LikeLike
Ag dis te “sweet” skuus vir die woord maar dis hoe dit is. Dis darem lekker om so terug te dink en op allerhande ou herinneringe af te kom. Ek is bly Sotie kuier nou by jou dogter. Sy gaan baie mensekinders nog verder gelukkig maak.
LikeLike
Nee nee, sy is steeds by my. 🙂
LikeLike
Askies tog so jy deel haar net vir oomblikke!
LikeLike
Ja wat, sus het vir Sôtie vinniger ontgroei as ek. 🙂
LikeLike
Ai, dis n storie. Bly sy is darem weer tuis by jou! 🙂
LikeLike
My ma het ook so ‘n Singer gehad – eers met die trapvoet aan en later het my pa vir haar ‘n elektriese motortjie aangesit – en sy het pragtige naaldwerk gedoen. Ongelukkig is haar enigste dogter vreesbevange vir naald en gare.
LikeLike
Skoonma het trapvoet een. 🙂
LikeLiked by 1 person