‘n Stokperdjie se vroeë dood

Toeka-Tokkel: Eerste stokperdjie

Ek het mos van kleintyd af my maatjies met ‘n denkbeeldige kamera afgeneem.  In my tienerjare kry ek my eerste kamera, en toe is die koeël deur die kerk.  Al wat mens is loop deur, en later jare kreun my kinders wanneer hulle die kamera sien nader kom.  Vandag is hulle egter bly, fotos speel ‘n groot rol in ons gesin.  Ek het elke jaar ‘n album gemaak, en dit is ons familie se dagboeke.  Die kleinkinders se kommentaar op die fotos is nie altyd so vleiend nie; soos Jes nou eendag sê nadat sy ‘n foto van my in een van my eie skeppings gesien het; “Ek het nie geweet ouma was ‘n kelnerin nie.”

Daar was egter ‘n ander stokperdjie wat my ure se genot verskaf het.  Ongelukkig het ons nie in ‘n era grootgeword waar talente raakgesien, en ontwikkel is nie.  Ek was ontsaglik lief vir teken.  Die beste wat my pa kon doen was om my van papier te voorsien.  Dit was in die vorm van ‘n honderd bladsye A4 grote boek wat hulle by die werk gebruik het. Tussen elke lyntjies bladsy was daar ‘n blanke bladsy, waarop ek kon teken.  Die vrouegesigte, en figure wat ek geteken het, het almal dieselfde gelyk; net die haarstyle, en klere het verander.  Deur die jare het ek boeke vol geteken, maar was in ‘n groef vasgevang, en het nie geweet hoe om daaruit te kom nie.  My ousus, hoog ontsteld dat ek meisies in skamele swemkostuums teken het by my pa gaan kla, en so het my tekenry ‘n natuurlike dood gesterf.  Op hoërskool was daar ‘n opflikkering toe ons op ‘n dag iets van die swartbord moes afteken.  Die potlood in my hand het iets aan my gedoen; weggevoer in ‘n ander wêreld het ek met die tekening begin en is eers teruggeruk aarde toe, toe die onderwyseres hier langs my praat;  “Ek het nie gesê maak ‘n kunswerk van die tekening nie, teken en kry klaar.”  Die betowering van die oomblik was verby, en so ook my tekenlus.

So ‘n paar maande gelede maak Marlè ‘n lappop vir Jay se take.  Sy vra of ek die gesig vir haar sal teken; ek kyk op u-tube hoe dit gedoen word, en net daar flikker my ou liefde weer op.  Waar ek as kind nie ‘n mentor gehad het nie, help u-tube my nou om uit my ou groef te klim, en bietjie wyer te eksperimenteer.  Ek sal myself nooit as ‘n kunstenares klassifiseer nie, maar dit is lekker om weer te teken.  Op die oomblik is dit net gesigte, maar wanneer die figure bykom moet ek net onthou om hulle betaamlik te klee.

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag...., Uncategorized. Bookmark the permalink.

35 Responses to ‘n Stokperdjie se vroeë dood

  1. Ek het tot dusver geweier om hierdie nuwerwetse inkleurboeke vir grootmense te koop. As ek eers begin, sal ek nooit weer my kop optel nie. My niggie geniet dit vreeslik en sy sê inkleur is goeie stresontlading.

    Like

  2. Jammer dat die onderwyseres so taktloos was en jou entoesiasme so geblus het.Gelukkig klink dit of jou talent opnuut ontwaak!

    Like

    • Kameel sê:

      Ek en die onnies was goed haaks dwarsdeur my hoërskoolloopbaan. My lewe was later jare so besig dat daar maar min tyd vir stokperdjies was. Nou kan ek teken sonder skuldgevoelens 🙂

      Liked by 1 person

  3. Lekker gelees. Dis goed dat mens later in jou lewe weer sekere dinge kan begin doen

    Liked by 1 person

  4. Geniet al die teken. Lekker gelag oor die betaamlikheid van die lywe.

    Like

  5. Ha ha nou lag ek eers vir jou idee om die dames in 16de eeuse rokke te klee. Die oues kan maar so aantrek maar die jonges moet die mooi lywe wys. Ek hou ook van teken. Ongelukkig het ek grootgeword in die skaduwee van n ousus wat BAIE kunstg was en steeds is. My ou gekrabbel het sleg afgesteek. Op kollege het die kunsdosent my “ontdek”. Was toe te laat die kuns afdeling was nie belangrik genoeg vir onderwys nie. Senior Primêre onderwys het tekort gehad- wat gebeur toe? Ek word maar n laerskool onderwyseres! Jy moet dit nou terdeë geniet om te teken. As jy skamele kleredrag wil teken mag jy maar! 🙂

    Like

  6. Dis jammer jou talent is destyds so onderdruk maar dis fantasties dat jy dit nou ontwikkel!

    Like

  7. nowathome sê:

    Ek geniet dit net so om te teken!!! Dis nooit te laat om weer te begin nie!

    Like

  8. Toortsie sê:

    Jy het die mooiste tekening gemaak van my oorlede broer. Dit is (was) vir my so spesiaal.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dankie Toorts….. dit het darem gekom nadat u-tube my ‘n bietjie wyser gemaak het. Al gedink om kunsklas te neem… maar dan weet ek mos nooit of Menieres my gaan toelaat om die dag te gaan of nie. Be blessed!!!

      Like

  9. Liebe Grüße und einen schönen Dienstag Gruß Gislinde

    Liked by 1 person

  10. ekmyselff sê:

    Ja begin – dit is nooit te laat nie

    Liked by 1 person

  11. Ga, ek dink daar’s sommer baie talente by jou – ek verwys beslis na jou hekelwerk. Deesdae loop ek ook nou teken en verfklasse – maar dis net om doenig te bly want hierdie plek kan jou kop laat muf.

    Like

  12. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 6: Tuisdorp – I scrap 2

  13. Olga sê:

    Lekker man. Ek het die inkleurboeke vir volwassenes gesien maar ek sal hulle nie geniet nie. Heeltemal te veel lyne na my sin. Ek het ‘n groot vet kinder – inkleurboek of vier wat my kinders hier en daar bladsye oorgeslaan het. As ek op hulle afkom, sit ek dae lank en inkleur. Ek dink of ‘n skets te beskadu, neem vaardigheid. Dalk iets om te ondersoek. 😉 Op Google.

    Like

    • Olga sê:

      toe ek die “volwasse” inkleurboeke met hulle baie lyne en kolle gesien het, het ek gewonder of dit van daardie was wat net met water “geverf” was. Die lyne en kolle was kleur wat in die prent self ingewerk was. Kan iemand hulle nog onthou? Ek kan nie eers meer onthou wat hulle genoem was nie.

      Like

    • Kameel sê:

      Inkleur is sowaar nie meer soos ons as kinders ingekleur het nie. Die natuurtonele wil ek ook skaduwees insit….. en dit meer na ‘n skilderstuk laat lyk. Dit bring meer stres as plesier. Die strepe en kolle bladsye werk beter…. skakel net die kleure mooi in daar het jy ‘n pragtige patroon. 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s