Om God een ja op ‘n slag te volg

24ab94f3afdb6a015f35398633c09016-zoom

Om God een ja op ‘n slag te volg, skryf Connie Cavanaugh, beteken dit dat jy nie noodwendig die hele pad vooraf sal ken nie. Dis soos toe Abraham die opdrag van God gekry het dat hy moes trek, waarheen en hoe hy dit sou doen, het hy nie geweet nie. Hy moes net vir God gehoorsaam, stappie vir stappie.

Connie skryf dat as God vir jou ‘n droom gee, Hy jou ook sal help om by jou droom uit te kom. Dit sal dalk nie noodwendig ‘n maklike pad wees nie, die pad kan jou selfs deur storms lei, maar dis steeds beter om saam met God deur ‘n storm te gaan as om veilig buite die storm te bly, maar sonder Hom.

Sy skryf dat dit só werk: God gee jou die droom of die gedagte of die opdrag, waarop jy reageer deur ja te sê. Dan wag jy tot die volgende opdrag kom, waarop jy reageer deur dit uit te voer. Dan wag jy vir die volgende opdrag, kry dit en voer dit uit. Stukkie vir stukkie, bietjie vir bietjie, tot jy eendag uitkom by jou droom.

Praat ek Grieks? Hoe gemaak as jy nie vir God hoor nie? Dan moet jy jou dalk op Hom instel, jou beskikbaar stel om Hom te hoor. Dalk moet jy Hom soek, of Hom toelaat om jou te vind. Gewillig wees om Hom te hoor, gewillig wees om te erken dat jy Hom gehoor het. Gewillig wees om te erken dat jy Hom soek.

Die beste beginpunt is om vir Hom te sê dat jy Hom soek, dat jy graag met Hom in ‘n verhouding wil wees, dat jy Hom graag beter wil leer ken. Hoe doen jy dit as jy nie eers weet waar Hy is nie? Jy maak, net daar waar jy is, jou oë toe en sê, “Here Jesus, ek wil U so graag leer ken, ek wil so graag ‘n pad met U loop, wys asseblief Uself vir my”. Hou aan om Hom te soek, hou aan om te vra. Ek belowe jou dat as jy Hom soek, Hy jou sal toelaat om Hom te vind.

As jy nie ‘n Bybel het nie, kry vir jou een en begin lees sommer in die Nuwe Testament, by Matteus, of as jy ‘n behoefte aan liefde het, God se liefde wil ervaar, begin by Johannes. Enige plek. Lees en reageer, lees nog. Antwoord Hom daar waar jy lees. Elke dag. Voed jou honger na Hom. Soveel soos jou behoefte aan Hom ook al is.

Sluit aan by groepe van gelowiges, mense wat Hom volg. Word deel van ‘n kerk waar jy tuis voel, ‘n kerk waar God se Woord geëer word, gelees word, bespreek word. Word deel van ‘n bybelstudiegroep wat God se Woord ernstig opneem. Ons as gelowiges het mekaar nodig om mekaar op te bou en te versterk.

Begin net. Gee daardie eerste tree en volg vir God, een ja op ‘n slag. Ek belowe jou, dit sal ‘n reis wees soos jy nog nooit voorheen in jou lewe ervaar het nie, die beste reis nóg!

Groetnis

Toortsie

‘Following God one yes at a time’, deur Connie Cavanaugh

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Om God een ja op ‘n slag te volg

  1. So baie waar. Ek het dit al telkemale beleef.

    Like

  2. Kameel sê:

    Daar is nie ‘n meer opwindende pad as die een saam met God nie. Daar is ook nie ‘n hoër roeping as om Hom beter te leer ken nie. As ‘n mens nie in ‘n verhouding met Hom staan nie, sal jy nie verstaan hoe “challenging” hierdie pad is nie. Van buite lyk Christenskap seker maar vervelig vir die mens sonder God. “The person without the Spirit does not accept the things that come from the Spirit of God, but considers them foolishness, and cannot understand them, because they are discerned only through the Spirit.” Wat ‘n ontsaglike verlies vir die mens wat God nie leer ken nie.

    Like

  3. Terug pieng: Een 1ste antwoord op de 4e vraag Wie God is 1 Een scheppend Wezen om aanbeden te worden – Questiontime – Vragenuurtje

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s