‘n Goeie vraag

Die fotograaf se foto’s van die boekbekendstelling wat al in Desember gehou was, het gekom. Sy het dit blykbaar al lankal vir my gestuur, maar iewers het dit verlore geraak in die wolk. Sies tog, sy kon seker nie verstaan dat ek só ondankbaar is nie en die foto’s ís so mooi! Geen dankie van enige aard nie!

Ek het die foto’s op my faceboekblad geplaas, waarop iemand, dalk ‘n blogmaat vir al wat jy weet, gevra het hoekom ék dan enigsins op ‘n dieet is! Dankie! Wat ‘n kompliment! 🙂 Ek het haar geantwoord dat sy die produk sien van amper twee jaar se Banting, dat ek ook vetsugtig was en reeds sowat 14 kg verloor het en steeds 5 kg het om te verloor. Lengte steek baie weg.

Intussen bly die vraag in my kop draai. Hoekom steeds aanhou met Banting?

Omdat ek nog gewig het om te verloor. Op hierdie stadium neem dit baie lank maar ek gee regtig nie om nie, die wipplankryery van die afgelope 30 jaar is ten minste gestuit. Wat ‘n verligting!

Die belangrikste antwoord op die vraag, is dat dit regtig ‘n leefstyl geword het. In die begin het ek vir mense gesê dis nie ‘n dieet nie, maar ‘n leefstyl, terwyl dit eintlik maar ‘n dieet was. Nou is dit ‘n leefstyl. Ons het aangepas. Dis die kos wat ek maak. As ek ‘n resep sien, is die eerste besluit of dit Banting is of nie, of ek dit kan aanpas en of ek dit heeltemal moet los.

Die grootste rede hoekom ek sal aanhou met hierdie leefstyl is dat dit maklik is en lekker. Ons eet lekker. Ryk en lekker. Ons geniet ons kos voluit. Volroom. Nie afgewaterde kos waarvan al die voedingswaarde verwyder is nie, wat lyk soos kos maar nie kos is nie. Ons geniet die kos soos wat dit bedoel is om te eet. Ja, ek moes ‘n prys vir my vetsugtigheid betaal, ek sou graag álle kosse wou eet, maar die lewe het my gewys dat dit vir my, Toortsie, beter is om maar sekere kosse te vermy.

Ek hoop ek sal lewenslank hiermee volhou en kan volhou, selfs wanneer ek al in die ouetehuis is, want hierdie leefstyl werk vir my. Ek is gesond, vol energie en is stadig maar seker om my kroniese medisyne wat ek moes neem as gevolg van ‘n foutiewe leefstyl, te los. Wat meer kan jy vra? Banting is bobaas!

Fotograaf: Photography by Lize

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

image

Groetnis,
Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Verslanking and tagged , , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to ‘n Goeie vraag

  1. Pragtige foto’s en weereens baie geluk met die boek en die volhou van die nuwe lewenstyl!

    Like

  2. Dis pragtige fotos. Dis ook goed om te weet dat jy spesifiek n sukses maak van die leefstyl.Mooi man.

    Like

  3. Mooi foto’tjies! Kan ek nou jou handtekening vra….? 😉

    Like

  4. ekmyselff sê:

    Ek laaf die idee dat jy altyd n “ding” om jou kop het.
    Mooi

    Like

  5. Mooie Toortsie,ons bloggers is trots op jou!

    Like

  6. Lyk of jy groot pret gehad het Toortsie!

    Like

  7. Kameel sê:

    Lekker kleurvol en die ene pret. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s