Musiek in die Bybel (2)

Ek het verlede week begin met ‘n reeks oor die gebruik van musiek in die Bybel.

Selfs in die Bybelse tye is alreeds baie musiekinstrumente gebruik. Een van my gunstelingprentjies is in die kinderbybel, ‘Ons Eie Kleuterbybel’, waar die Israeliete terugkeer uit die ballingskap:

musiek 002

As soldaat van Saul het Dawid baie vyande van Saul verslaan. 1 Sam 18 beskryf hoe die vroue uitgegaan het om te sing, te dans en jubel met tamboeryne en driesnarige instrumente toe hulle terugkom. Saul was natuurlik nie gelukkig dat Dawid soveel eer gekry het nie, wat gelei het tot baie probleme vir Dawid.

Ek dink nogals dat die harp ‘n redelike prominente plek in die Bybel gehad het. Natuurlik nie die harpe soos ons dit vandag ken nie, baie eenvoudiger. Die “Musiek” uit die Ooggetuiereeks noem dat harpe en liere sterk geassosieer word met goedheid en dat engele tradisioneel op harpe gepeel het. Hierdie foto kom uit die genoemde boek.

harp 001

Interessant is dat daar klokkies in die priester se klere ingewerk was om sy lewe te spaar! Eksodus 28:33 beskryf beskryf die mantel. Rondom sy some moes granaatjies van blou, pers en bloedrooi wolstof gemaak wees met goue klokkies tussenin, afwisselend ‘n goue klokkie en ‘n granaatjie rondom die hele soom van die mantel. Wanneer Aäron diens gedoen het moes hy dit dra. Wanneer hy in die heiligdom na God toe ingegegaan het, sou die geluid van die klokkies gehoor word en hy dan nie sterf nie!

Musiek is telkens gebruik wanneer daar fees gevier is. Telkens is die musiekinstrumente wat gebruik is, duidelik genoem, soos toe Dawid hulle die ark van die Here in Jerusalem ingebring het, het hulle uitbundig voor die ark van die Here gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, ratels en simbale (2 Sam 6:5). Van dans gepraat. Hulle was duidelik nie skaam om te dans en vreugde te wys nie, selfs tot eer van God!

Die ramshoring is gebruik om mense vir oorlog op te roep. Dit is ook in die heiligdom aangewend om aan te kondig wanneer die groot oorlog aangekondig is (Dr Marius Nel). Eksodus 19 beskryf God se teenwoordigheid op Sinaiberg. Hulle mag toe glad nie aan die berg geraak het nie, maar wanneer die ramshoring geblaas het, mag hulle die berg uitgeklim het. Ramshoring: Aankondiging. In Ps 47 beskryf die feestelike optog na die tempel toe, terwyl die ramshoring blaas.

Ek sal later nog vertel.

Toortsie

Toortsie se faceboekbladsy.

Musiek in die Bybel op Pinterest.

Bronne:

Die Bybel in Praktyk

Ooggetuie reeks: Musiek

Ons eie kleuterbybel – Juliana Nothnagel

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Musiek in die Bybel and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s