Scrypydo se toeka-tokkel: Eerste soen
Ek was die dogtertjie wie se ooms haar nek met ‘n bokdrolletjie wou afskiet, en wie hulle “tinktinkie” genoem het, omdat my bene so lank en maer was. Sit hierby vaal dun haartjies, ‘n kleurlose vel, en ligbruin oë en jy verstaan hoekom ek nie in standard vyf liefdesbriefies van seuns af gekry het nie. Nie dat dit my gepla het nie, terwyl my maats al giggelend van seuns gepraat het, het ek nog oor die feëtjies wat op die plaas woon gedroom.
Op vyftienjarige ouderdom nooi ek Aletta, ‘n vriendin wat van kleintyd af nie ‘n tekort aan kêrels gehad het nie – saam plaas toe. Ons staan in die gangetjie van die trein en uitkyk hoe die wêreld by ons verbyflits. Met die gesels leun ek onbewustelik teen ‘n kompartementsdeur; die volgende oomblik gaan die deur oop, en ek struikel-val ‘n kompartement vol laggende universiteitsstudente binne. Dit is duidelik dat hulle aspris die deur oopgemaak het. Gelukkig is ek gewoond aan groter nefies wat lief is om te terg, dus skaam ek my nie morsdood nie. Ons kompartement is net langsaan, so deur die verloop van die dag wissel ons so af en toe ‘n woord of twee met die studente. Alles doodonskuldig, en daardie aand gaan slaap ek sonder ‘n tweede gedagte aan ‘n student, min wetend dat ek more uit my dogtertjiewêreld geruk gaan word.
Een van die studente; ‘n blondekop, blouoog goed geboude jongman was besonders gaaf met my. Ek het dit in presies dieselfde lig gesien as ‘n neef wat my aandag gee. Toe die tyd nader kom vir hom om van die trein af te klim, stap ek saam met hom na die einde van die wa toe. Ons staan op die klein platvorm, en wag vir die trein om die stasie binne te stoom. Die volgende oomblik draai hy om, sy lyf is teen myne, en sy asem is in my gesig; toe buk hy af, en vir een kort oomblik brand sy lippe op myne. Met sy tong maak hy my mond net effens oop. Die trein kom tot stilstand; hy beweeg van my af weg, en spring uit op die platvorm. Met sy kuif wat in die wind waai, en ‘n breë glimlag op sy gesig waai hy vir my, en toe is hy weg.
Een soen het my hele wêreld verander. Ek het uit ‘n diep slaap wakker geword, en ‘n vuurtjie is binne my aangesteek. Die hele vakansie bly sy beeld my by, en brand sy soen op my lippe. Met die terugkomslag kom haal my pa ons op Johannesburgstasie. Ek stap langs hom die trappe op na die wêreld daar buite, en druk onwillekeurig my hand op my mond. Die soen het nie sy vuur verloor nie, en ek besef dat ek die wêreld nooit weer deur dieselfde oë sal sien nie.
Jy kan darem ‘n lekker storie vertel
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek is so lief vir stories, veral as dit ware gebeurtenisse uit mense se lewe is.
LikeLiked by 1 person
Onskuldig eerlik en mooi!
LikeLike
Dankie. 🙂
LikeLike
Ag, vir ‘n man van my jare het ek nou darem tog te lekker aan hierdie storie gelees. Mmm… ek onthou nog.
LikeLike
Dankie vir die inloer 🙂 Dit is goed om te hoor julle mans onthou ook. Dog julle doen en beweeg net aan.
LikeLike
Baie mooi geskryf
LikeLike
Dankie Hester. Mooi dag vir jou daar aan die Suidkus. 🙂
LikeLiked by 1 person
Mens vergeet nooit jou eerste soen nie. Ek het sommer lekker gelees aan jou storie, dis amper asof jy plagiaat pleeg met my herrinneringe en onwillekeurig wonder ek wat van Petra Beukes geword het…
LikeLiked by 1 person
Jy onthou tot die naam!!! Dit doen my hart goed om te hoor die manne onthoi ook. Werklik gedink julle beweeg maar van blom tot blom sonder veel onthou. 🙂
LikeLike
Ek wonder altyd of sulke jong manne se selfvertroue spoed optel na so vasvat soen? Dis net so – mens vergeet nooit daardie eerste soen nie! Dat een enkele soen mens vir dae lank deur die lug kan laat sweef… Interessant daardie blonde student – Don Guan of Steve Hoffmeyer?
LikeLike
Nee, ‘n mens vergeet nie daardie eerste soen nie. Daardie blonde student was alles in een pakket. Wonder of hy ooit weer aan die vaal dogtertjie gedink het?
LikeLiked by 1 person
‘n Tere ontwaking – so goed beskryf!
LikeLike
Dankie Frannie. 5
LikeLike
Ek moet seker eers die ander kommentare lees, maar nou wonder ek: Het julle toe daarna ‘n bietjie kontak gehad, of was dit die ENIGSTE kontak ooit? 🙂
Oee ek het lekker gelees!
LikeLike
Enigste kontak Toorts. Maar in my hart sal daar alryd ‘n spesiale plekkie wees vir die blonde student.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Hoe leef ek my nou in – oulik!
LikeLiked by 1 person
Dankie 🙂
LikeLike
Dis te pragtig. So mooi en romanties. Dis waar dat mens daardie eerste een nie vergeet nie!
Ek hoop die ouens wat hier geantwoord het skryf ook bietjie hul ondervindings. Jy her beslis n perfekte onderwerp voorgestel! Dankie vir deelneem aan TT
LikeLike
Ons moes almal so ‘n bietjie uit ons kassie klim, maar dit is goed so. Onder dit wat ons vir die mense wys is ‘n regte mens, met ware lewenservaringe. Dinge wat ons almal deurmaak, en partykeer goed is om te deel. Dit is die eerste keer dat ek die ervaring van my deel. Het nie eers vir Aletta daarvan vertel nie…. dit was ‘n te diep ervaring om ligtelik daaroor te praat.
LikeLike
So ons weet iets wat Aletta nooit geweet het nie!
LikeLike
Yep,jou bevoorregte vrou 🙂 En ek en Aletta was maatjies van graad 1 af!!!
LikeLike
Soos skepe in die nag.
LikeLiked by 1 person
Mooi gestel Olga.
LikeLike
Drie jaar later hier kom lees, maar dis steeds ‘n heerlike storie…so romanties!
LikeLiked by 1 person
Blykbaar vergeet mens nie jou eerste soen nie 😍 Sien hoekom ek nou vir my ‘n treinkaartjie wil koop!!!
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan jou versugting…sooo romanties!
LikeLiked by 1 person