Ontbyt

Iets waarmee baie Banters blykbaar sukkel, is ontbyt. Ek kan dit glad nie verstaan nie, want ek is mal oor eiers. Saam met ‘n vriend van my, sê ek ook dat eiers nooit verkeerd kan wees nie. My standaardontbyt bestaan mos eintlik uit 2 eiers, ‘n halwe avokado en ‘n tamatie.

Prof Noakes beveel in sy boek aan dat ‘n mens moet werk daarnatoe dat jy slegs twee keer per dag eet, nie wanneer ‘n horlosie so sê nie, maar wanneer jy honger is. Ek Bant al sedert Julie 2014 en het nog altyd ervaar dat ek steeds my 3 keer ‘n dag moet eet. Baie aande is ek teen 6 uur erg honger, eet dan iets, en begin eers later met aandete, wanneer ek weer eet.

Sedert Desember verlede jaar het hier iets vreemds begin gebeur met my, dis nou terwyl ek met vakansie was. Ek was net nie soggens meer honger nie. Baie dae het ek eers by 11 uur begin honger voel. Op sulke dae sou ek dan dalk nog ‘n bietjie wag, of sommer iets ekstra bymaak en ‘n tipe “brunch” maak – ‘n saamgestelde ontbyt en middagete.

Vreemd, noudat ek terug is by die huis, is dit of die gewoonte steeds daar is. Ek voel net nie meer soggens vroeg honger nie. Dit bring mee dat ek dalk dorp toe gaan voor ek behoorlik geëet het. Ewe skielik bestaan ontbyt vir my uit slegs ‘n avokado, ‘n heel avokado wat ek net so met ‘n teelepel uit die skil eet. Die afgelope week was my “ligte” ontbyt al ‘n hele paar dinge: Die oorskiet sampioensop van die vorige aand, of die orige kool- en tunaslaai wat nog in die yskas is, of die oorskietspinasie wat behoorlik opgedollie is met bacon en kaas en room, ook van die vorige aand. 🙂 Die toppunt van ontbyt was nou die oggend ‘n stukkie van die roomkaasyskastert. Wie sê ‘n mens mag nie yskastert vir ontbyt eet nie? Wie?

Dit wil al hoe meer vir my lyk of die “probleem” van ontbyt, wat vir my nog nooit ‘n probleem was nie, al hoe minder een word.

Lekker eet!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

rooi deur

 

11 thoughts on “Ontbyt

      1. Ek sien. Die eier, avo en tamatie behoort my te hou vir n lang tyd. Het resepte al afgemerk wat ek maklik kan maak. Het natuurlik my loseerder wat sy rys en aartappels by moet kry. Dis nie n prbleem vir my as daar genoeg groente en vleisie is nie

        Like

          1. Hier praat ek nou eers met Scrapy. Wat op aarde wil jy voor bant… daardie lyfie van jou is dan klaar so klein. Jy kan mos nie nog gewig wil verloor nie!!
            Ek het ook oor jou man se ontbyt gewonder terwyl ek lees. Sal saam met hom beskuit eet as ek vir jou kom kuier. 🙂

            Like

            1. Ek sal vir jou brood en aartappels ook gee.
              Oor jou vraag aan Scrapydo. Eintlik is Banting nie ‘n gewigsverliesprogram nie maar gesondheidsprogram. Maer mense sal nie gewig verloor as hul nie het om te verloor nie.
              Bantingkos is heerlik, geskik vir enige persoon wat hou van ryk en lekker kos. 🙂

              Liked by 1 person

    1. Nog nooit gedoen nie. 🙂
      My Banting het mos in totale afsondering gebeur. Toe ek begin het, het ek net Tim se boek gehad, niemand om te vra nie, nie geweet waar om aan te klop vir hulp nie. Teen die tyd wat ek by faceboekgroepe ens uitgekom het, was ek al so in my eie weë vasgeval.
      Ek vas al koffie vir baie jare om ‘n persoonlike rede, so ek het nog nooit die voorreg gehad om Bullet Proof te probeer nie. Miskien, as ek gelukkig is, mag ek my “vas breek” en DAN gaan ek dit uittoets! Saam met ‘n Lindt sjokolade wat ook op die vaslys is. Ja, ek weet dis teen Banting, maar daardie dag … 😉

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!