Steriotipering

Ek het ‘n broertjie dood aan steriotipering. Veralgemening. Mense in boksies sit. Ja, ek weet dis hoe ons grootgeword het, maar regtig, ons het darem seker al verby dit gegroei? Of het ons nie? Is ek nou aan die veralgemeen deur te sê ons het al daar verby gegroei, of ons het nie? Of is dit net as die veralgemening negatief is en my nie pas nie?

Veralgemenings soos:

Alle witmense is sus, vroumense is so, Afrikaners is weer op ‘n ander manier so, boere nog meer … Regtig? Is almal in dieselfde groepering dieselfde?

Verlede jaar was ek op ‘n stadium so omge-ellie toe ek hoor: “Boervrouens ondersteun nie plaaslik nie.” ASSEBLIEF! Natuurlik is daar boervrouens wat graag “oor die berg ry” en hulle goed daar koop, asof dit net boervrouens is wat dit doen. Die dorpelinge koop seker AL  hulle goed net by die plaaslike winkel? Ek het toe gaan kyk wat ek alles plaaslik koop: 100% kruideniersware, 100% apteek, 100% al ons werksmense se kersgeskenke, 99% medies (vir spesialiste moet ek ongelukkig oor die berg, sou dit nodig wees), 80% klere (ek koop wel iets moois as ek iewers iets raakloop), 0% boeke, want ek koop E-boeke, voertuie 100%, skole 100% toe my kinders nog in die skool was … Ek glo aan plaaslike ondersteuning, maar as ek die slag oor die berg ry, gaan ek vir seker nie toestemming vra om daar iets te koop nie, of hoe?

Nou die dag was iemand weer vreeslik verbaas toe sy hoor ek kom net een maal per week in die dorp, behalwe natuurlik Sondae kerk toe. Die BOERVROUE is ELKE dag in die dorp. Nou ja, hulle moet hulle kos in die dorp koop, anders ondersteun hulle nie plaaslik nie, hulle kinders is in die dorp in die skool …

Ek het die dag die vrou amper geskop wat so geknor het oor Banting, sy is glo ‘n DOKTOR of DOKTER in een of ander iets, wou nie sê in wat nie. Hoekom ek haar wou skop? Toe sy besluit dan oorgooi ons kos met SOUT. Wat de dinges? O, en toe sy hoor ek het GESTAP tot daar waar sy amper ‘n blou kol op haar maermerrie gekry het, het sy ewe meerderwaardig vir my vertel dat stap nou eintlik gesond is! Mens sou sweer dis die EERSTE dag in my lewe wat ek stap! Helloooo! Boervroue stap seker nie. Of lees dalk nie.  Gmf. Ek moes so op my tande byt om nie iets terug te antwoord nie, ek het nou nog tandpyn en dis al ‘n jaar later!

Wat is dit met ons boervroue?

Nou ja, dalk is ek anders. Dalk is ek die enigste een wat uit die “kassie” geklim het, en nee, nie só nie.  Ek dink ‘n mens is net sensitief as die veralgemening negatief is, as dit ‘n lekker een is soos dat ons familie almal goed kan eet of mooi en oulik is, voel ek heel gemaklik.

Hoe voel jy daaroor?

uitdiekassietoorts

Advertisements

13 thoughts on “Steriotipering

  1. Ek glo veralgemening sal bly onder d meeste mense. Hulle weet daar is uitsonderings op d reel, maar dis makliker vir hulle om in n fool’s paradise te woon. Mense wat n eiertjie te le het oor ander mense ipv al die ander wonderlike goed in d wereld het volgens my dikwels n effense intelligensieprobl. Ek steur my eenvoudig nie aan wat hulle se nie.

    Like

  2. Huisvrouens was maar in dieselfde bootjie geplaas. Onintelligente mense, kaalvoet en verwagtend voor die stoof. Het eendag pen en papier gevat na so ‘n artikel in die Huisgenoot en ‘n brief geskryf oor wat ‘n huisvrou nou eintlik is. Dit was toe ‘n wenbrief 🙂

    Liked by 1 person

  3. Nou lag ek vir my liewe suster. Moet vir haar sê: Wekom in die ouer mense se geledere! Ek dink nou daaraan dat ouens hier altyd vra hou oud is die persoon wat iets makeer of oorgekom het. As mens sê middel sestig is die antw. ooo maar dis nog jonk. Ek sal dit nogal waardeer as daardie ouens net wil erken dat as jy na die sewentig toe gaan jy nie meet te jonk is nie. Ha ha. veralgemening kom saam met ontkenning van eie tekorte!( Gaan nou n lekker storietjie opsit oor “Toortsie” wat saam met my rereis het vandag!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s