Vakansie

Scrapydo se toeka-tokkel: Vakansie

Ons was vir vyf weke by ons seun in Shelly Beach, en ek het geskryf oor my mislukte pogings om die volmaakte brander uit te ry strand toe.  Wel die weer wou nie saamspeel nie, en die laaste dag van ons vakansie het aagebreek.  Met my swemkostuum aan, en boogy bord onder die arm kom ons by die strand aan.  Aan die hoeveelheid mense in die see is dit duidelik dat die skoolvakansie aan die deur lek.  Die see is nie sterk genoeg vir branders ry nie, maar die lewensredder verseker ons dat die branders oor ‘n uur sterk gaan inkom.  Ken en ek sit op die strand en hou die mense dop, ‘n lekker tydverdryf.  Die minute tik verby, en net toe ons dink die tyd het aangebreek om die see in te gaan, begin die mense uit die see hardloop.  ‘n Vrou huil hard, en sak op die sand neer.  Ander hou ‘n arm of been vas.  Bloublasies sê die lewensredder, en hardloop na die huilende vrou toe. Net daar gooi ek handoek in, vat my boogy bord, en stap terug kar toe.

Alhoewel ek nou nie my brander gery het nie, het die vakansie iets kosbaars opgelewer.  Ou vriendskapsbande is na 24 jaar weer opgetel.  Chris en Lilly was ons eerste vriende daar tussen die mielielande.  Chris het jare later ‘n hartaanval gehad, en vir gesondheidsredes het hulle Suidkus toe getrek.  Die lewe het sy besige gang geloop, en ons het kontak verloor.  Ek onthou toe dat hulle seun eendag vir my gesê het hulle gaan na die AGS kerk in Shelly Beach toe.  Met die hoop dat ons hulle weer kan opspoor, het Ken ons telefoon nommer by diè kerk gelos.  Die volgende dag bel Lilly, en ons het gaan kuier.  Om te dink al die jare waarin ons Suidkus toe is, was hulle net om die draai.  Een aand se kuier – en lekker eet – was nie genoeg vir al die gesels nie. Ons is twee keer terug genooi, en toe was dit tyd om totsiens te sê.

Daardie brander wag nogsteeds….. my entoesiasme het egter ‘n knou weg.

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag...., Uncategorized. Bookmark the permalink.

30 Responses to Vakansie

  1. Nee wat ek hou ook van net kyk.

    Liked by 1 person

  2. Olga sê:

    Ten minste wou jy. Dem bloublasies.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek wou so baie graag. Maar die droom en realiteit blyk twee verskillende dinge te wees 😆 Net bly ek was nog nie in see toe daardie bloublasies gekom het nie!!!

      Like

  3. Ek is maar bang vir die see…sit ook liewer net en kyk.Jammer jy kon nie jou branders ry nie!

    Like

    • Kameel sê:

      Weet die see is nie ons speelmaatjie nie…. maar ai, al tol hy jou, en gooi jou, en sluk jou partykeer amper in is dit sooòo lekker om op sy rug te ry. 🙂 Gaan ook maar nou op die strand sit en toekyk.

      Liked by 1 person

  4. Ek vra hartlik om verskoning vir ons swak weer (en ongeskikte bloublasies) wat die meeste besoekers se vakansies bederf het. Ons het natuurlik nou fantastiese weer. Jy moet probeer om so einde Februarie tot einde April hier te land.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek neem die verskoning aan 🙂 Yep, ons vakansietyd was altyd Maart, en toe Aprilskoolvakansie. Heerlike weer….. ure op die strand, en in die see. Dink nie my seun sal te bly wees as ons weer kom afpak nie….. maar wie weet!!! 😉

      Liked by 1 person

  5. Die bloublassies het geweet hul moet jou nie n kans gee nie. Jy het darem die lekker vriendskapsbrander gery met jou ou vriende. Dankie vir jou lekker vertelling, jy bly maar n gesellige kuier mens.

    Liked by 1 person

  6. Toortsie sê:

    Die storie sit nog steeds in my kop, weet net nie of die woorde daar is nie, van toe Kameel op die dogtertjie-eiland gaan kuier het, hoe sy gedans het as die water aan haar voete raak. Of raak ek nou aan jou vel?

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 3: Eerste soen! – I scrap 2

  8. Senings sê:

    Seëninge kom plak soms op snaakse maniere op jou voorstoep, dikwels onherkenbaar as sulks. Dit klink vir my daardie bloublasies was jóú bedekte seën, as ek so na jou bekentenis oor jou ouderdom en dronkkop luister…

    Like

    • Kameel sê:

      Ek dink nie jy is vêr verkeerd nie….. blessing in disguise. 🙂 Probleem met mens is, die lyf word ouer maar die gees bly jonk. Ek kan nog alles doen soos toe ek jonk was sê my kop. 😦

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s