Net ‘n veer

As God Homself herhaal …

Toe ek Vrydagoggend ons kar se deur oopmaak, waai daar net vere. Ek weet nie of daar ‘n voëltjie vasgesit het of wat dit was nie. My gedagte? ‘Soveel mense sien God se teenwoordigheid in ‘n veer. Dis nie hoe ek dit gewoonlik sien nie, maar dis ‘n wonderlike gedagte dat God hier is, dat Hy my beskerm.’

Vandag in die kerk word die vere met ‘n windmasjien die kerk vol geblaas. God is hier teenwoordig, nou en vir altyd!

Die preek gaan oor Ps 139. Die dominee behandel dit vers vir vers. God sien dwarsdeur my, Hy ken my sit en my opstaan, my gedagtes selfs vóór ek dit nog dink. Hy ken elke tree, Hy weet wanneer ek gebore is en selfs wanneer ek sal sterf. Hy is bo my, onder my, IN my. Hy was selfs verlede week by my toe ek myself ietwat verloor het!

Die dominee vra hoe ons daaroor voel dat God ons ALLES ken, ook die dinge wat ons dalk vir ander mense en onsself en God wil wegsteek? Dankbaar! Dankbaar dat, ten spyte van al my tekortkominge, my foute, foute wat ek onwetend én wetend maak, Hy my steeds liefhet, my steeds beskerm. Nogtans, selfs met al my foute, nogtans het Hy my oneindig lief!

En ek wat altyd ‘n behoefte aan beskerming het, kry met die spierwit veer in my hand die wete dat God my beskerm soos ‘n hen haar kuikens. (Op ‘n ligter noot, ek kon nie anders as om aan Rondomtaliedraai se foto 3 van Vrydag te dink nie!) Selfs al is ons ANDERS, uniek, spesiaal, vreemd, stout, soet, dierbaar, onmoontlik, dronk, onuithoudbaar, selfs dan!

Toe ons uitloop uit die kerk, lê daar net vere orals. Die dominee belowe dis nie dat hulle nie ‘n veer vir die koster voel nie! 😉  Eintlik het ek so by myself gedink dat dit goed sal wees as die vere nog ‘n hele paar weke in die kerk ronddwarrel!

Daar is sowaar meer in ‘n veer as wat ‘n mens sou dink!

God herhaal Homself nooit onnodig nie!

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Ns. Hier is sowaar iets aan die gebeur. Vandag het ek nou al ‘n veer gesien in my tuin, en ook een tussen my melkstapapiere! ??

God is hier teenwoordig!

Toortsie by Finesse: Die jaar van die veer

Nou trek ons al in Mei en gereeld is daar net nóg ‘n veermoment! Ongelooflik!

Advertisements

19 thoughts on “Net ‘n veer

  1. Nou toe. Net verlede week trek ek ‘n foto van Fb af van ‘n duif met haar twee kuikens onder haar vlerke. Ek skryf daarby “He will cover you with His feathers, and under His wings you will take refuge,” en sit dit op ons huisgesin se whatsapp groepie. Ag hier bars daar sommer ‘n lied in my hart oop….. Our God!!!!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s