Toortsie se Toeka Tokkel oor Vakansie

In opdrag van Scrapydo.

Ek het al so baie oor vakansie geskryf, ek is mos mal oor vakansie! Soos Pippie Langkous wat spesiaal ‘n dag skooltoe gegaan het net om vakansie te kan kry, werk ek ook sodat ek vakansie kan kry.

Ek glo dat as jy werk, werk jy voluit en as jy vakansie hou, doen jy dit ook voluit. Nie halfmas werk en dan tydens die vakansie nog met werk opgesaal sit nie. Ek stel dit ook duidelik vir ons werknemers dat hulle betaal word om vakansie te hou, hulle kry hulle volle salaris en dat die vakansietyd daar is sodat hulle kan rus en dinge doen waarvan hulle hou, nie die hele vakansietyd by ander mense werk en dan moeg inval nie. ‘n Mens se liggaam het die rus nodig.

Ek het my kinders ook byvoorbeeld aangemoedig om die kort ‘studiebreuk’ voor die eindeksamen eerder te rus, sodat hulle energie het om die eksamen voluit te leer. Genadiglik het dit vrugte afgewerp.

Ons was nog jonk toe ‘n vooruitstrewende boer vir my man genoem het dat hy moet sorg dat hy gedurende die vakansie die rus kry wat hy nodig het, hy moet ook tyd kry om te dink. Ja, ons hou van mense, ons hou van kuier, maar moet sorg dat daar genoegsame ruskanse tussenin is.

Hierdie afgelope vakansie het ek nie my voorskrifte nagekom nie. Tydens hierdie vakansie het ek ‘n boek uitgegee, dit hier en daar bemark, by ‘n stalletjie vir ‘n rukkie diens gedoen, ‘n boekbekendstelling gehou met alles wat daarmee saamgaan. Ek het, soos in die verlede, musiek gemaak by die kerkdienste, maar wat dit vanjaar anders gemaak het, was dat ekself die reëlings moes tref vir die Radio Kanseldiens. Gewoonlik val ek net in en dit vra niks van jou nie. Voor die vakansie om was, het ek ‘n dag teruggekom huis toe met skoonmakers, terwyl ek die lone gedoen het. Ja, ek het ontspan, maar ek is nie seker of ek ooit heeltemal afgeskakel het nie. Dalk is dit net in my kop, want ek het tog gerus. Hierdie jaar het ek ook ‘n punt daarvan gemaak om daagliks by mense te gaan kuier, mense te sien, iets wat my batterye altyd goed laai. Dís vir my vakansie, dis hoe dit op Struisbaai behoort te wees: Mense wat by jou inval en jy val weer by hulle in. 🙂 Die Struisbaaigees!

Ja, wat, ek is REG vir hierdie jaar! Vakansie is LEKKER! Vakansie is daar om te geniet, om dinge te doen wat lekker is, maar ook om te rus, te lees, te slaap, te niks. Te slaap tot jy honger is en te eet tot jy moeg is. (So het iemand een keer vir ons beskryf!)

Groete

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

12 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Vakansie

  1. Dit klink na die regte manier om vakansie te hou!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Hoop jou batterye is goed gelaai vir die jaar. Of is jy weer van plan om sommer so uit die bloute die wêreld in te vaar?

    Like

  3. Lekker om n tyd te hê vir af en weg wees van daaglikse werk. Dit gee mens weer woema en kan mens lekker verder werk na die wegbreek. Daardie kuier by mense is ook deel van vakansie. Klink of Kenia nader is as wat jy self dalk weet! dankie vir deelname aan TT.

    Like

  4. Ek stem saam, die rustyd is gewoonlik broodnodig na ‘n jaar se werk. Dis die beste herlaai van batterye.

    Like

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 3: Eerste soen! – I scrap 2

  6. nowathome sê:

    Dit klink vir my na die regte manier om vakansie te hou!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s