Toortsie se Toeka Tokkel oor nuwejaarsvoornemens

Eintlik hét ek mos al geskryf oor wat my kosvoornemens is, en eintlik is Scrapydo se opdrag eers vir volgende week, eintlik móét sy nog die opdrag géé. (Ek sien sy het dit nou wel gegee, so dis reg.)

En my jonger dae het ek, amper soos Kameel, op iets spesifieks besluit wat ek in die jaar wou vermag, of leer doen, soos om ‘n V-nek sweetpak te maak toe sweetpakke so in die mode was, ens. Die laaste paar jaar het ek elke jaar so in die begin van die jaar baie direkte opdragte van God gekry ten opsigte van my geestelike lewe wat ek dan gevolg het tot die volgende jaar.

Verlede jaar het my Goddelike opdrag gekom uit Handelinge 26:16,17: ‘Maar staan op, staan regop.  Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet my getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien. Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe ek jou stuur.’

 

 

 

 

 

 

 

 

Die ‘Toortsie se Bantingboerekos’ wat ek uitgegee het, was en is steeds ‘n pad wat ek met die Here loop, letterlik stappie vir stappie. Miskien was my boek ‘n geval van ‘fools rush in where angels fear to tread’, maar ek weet dat dit ‘n pad was wat ek net móés stap omdat God dit so duidelik vir my uitgelê het. Ek moes leer dat ek Hom volkome moes vertrou vir elke besluit en dít is my nuwejaarsvoorneme, om God hierdie jaar te volg, een ja op ‘n slag. Oee ek doen dit nie aldag nie en dan sien ek die gevolge, maar dís wat ek moet leer: ‘Following God one yes at a time’ (Connie Cavanaugh).

In 2015 was my probleem dat ek nog in September was toe 2016 slaan, so my grootste uitdaging vir híérdie jaar is om op datum te kom, so, baai en laat waai!

Groetnis
Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad
Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad
Toortsie se boekelys op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Toortsie se Toeka Tokkel stories and tagged . Bookmark the permalink.

7 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor nuwejaarsvoornemens

  1. ekmyselff sê:

    Ooh ek love die boek se voorblad, weereens BAIE geluk! Wat n bonus, toe groei jy sommer ook in jou verhouding met God

    Like

  2. Dis n pragtige getuienis wat jy hier gee. Aan God se hand kan alles net goed gaan. Dankie vir jou bydrae, ek waardeer dit baie!

    Liked by 1 person

  3. Toortsie, vanoggend het jou liggie binne in my geskyn:
    Jou Han 16-opdrag mag vir baie vreemd hier voorkom, en mag sommige die simboliek daaragter nie begryp. Eintlik, is dit ‘n opdrag aan ALMAL wat hier lees. Vanaf God.

    Maar wat my vandag getref het, is jou “Een ja op ‘n slag…” Skielik het ek perspektief. Daar is so baie groot dinge (in Hom) waarvoor ek hierdie jaar “ja” moet sê. Vrees vra egter: Gaan jy dit maak? Gaan jou gesondheid dit toelaat? kan jy die verantwoordelikheid daartoe dra? Het jy die tyd? Gaan dit ‘n sukses wees? Terwyl dit eintlik alles net God se werk is. Die antwoord … “One yes at a time.” Hy sal die krag daartoe gee, die tyd, die finansies en natuurlik Sy Gees.

    Sterkte aan jou – Sy dienaar. Die oes is ryp, maar die arbeiders is min …

    Like

  4. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 2: Vakansie – I scrap 2

  5. Kameel sê:

    Yep, dit is soos ek deur die jare leer leef het. Omdat my liggaam nie saamspeel nie, vra ek krag vir een ding op ‘n slag.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s