Die beste tyd om te begin …

…  is NOU!

Dis my siening oor baie dinge wat ek doen. Die beste tyd om te begin is NOU. Smee die yster solank dit warm is, of hoe is die spreekwoord? Nou, solank jy nog lus het, solank dit vir jou ‘n vonkel in die oog gee. Nou.

Die beste tyd om te begin Bant is ook nou. Dis nou te sê as jy wíl Bant, as jy dit nodig het. Hoekom?

Want die kans is goed dat jy gewig opgetel het tydens die vakansie. Of dat jy steeds oorgewig is van vóór die vakansie af. Ek praat nou nie met plankdun mense wat niks het om te verloor maar wat die wêreld vol verkondig hulle het vet geword nie! Dalk het jy dit nodig vir jou gesondheid. 🙂

Hoekom nou?

Want dis die begin van die jaar en aan die begin van die jaar het ‘n mens gewoonlik meer moed om iets nuuts aan te pak. Die jaar lê nog voor, alhoewel, hy is al weer vinnig besig om onder ons voete weg te rol, maar ja, hy lê nog voor ons. Ons kan nog iets doen vanjaar.

Banting is ‘n leefstyl en as ‘n mens nou daarmee begin, is jy al gewoond daaraan wanneer die verlof weer aan die einde van die jaar kom, het jy dalk al aan oplossings gedink oor hoe om nie terug te val tydens die vakansie nie. Banting is in elk geval vir my die heel maklikste as ek met vakansie is, want dit waarmee ek in die verlede gekul het, is skielik my alledaagse dieet! Dit was so lekker toe ons nou die aand by die Seashack op Struisbaai gaan eet het en ek mag smul en smul en smul aan al die seekosse wat hulle bedien, sonder om skuldig te voel of selfs die volgende dag oorvol en ongemaklik te voel. Ek moes natuurlik nee sê vir die lieflike tuisgebakte brode wat hulle daar neergesit het, maar gelukkig was daar soveel ander lekkernye waarvan ek na hartelus kon eet.

Ek hoor ook van mense wat van die Bantingbus afgeval het en moedeloos voel. Die beste tyd om weer te begin, is nou!  Begin net weer. Let op jou vetinname. Moenie hongerly nie, ons is NIE op ‘n strafkamp nie. Begin net weer. Begin VANDAG, nie eers Maandag nie, NOU, selfs al het jy vanoggend graankos vir ontbyt gehad, dit maak nie saak nie. Begin net weer.

Ek beklemtoon net weer eens dat die volg van die Bantingprogram VRYWILLIG is, ek probeer om NIEMAND te oortuig om dit te doen nie, en sou jy dit wou volg, raadpleeg eers jou dokter, maar sou jy wou begin met Banting en jy doen dit uit eie, vrye wil, en jy het met jou dokter gepraat, Wat keer jou om NOU te begin?

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER.

1451316302210.jpg

Toortsie het veilig in New Zeeland aangekom. 🙂

14 thoughts on “Die beste tyd om te begin …

  1. Ja ek stem die beste tyd is nou – ek kry dit maklik reg as dit by iets kom waarvan ek hou, maar ek daar is nooit ‘n beste tyd (NOU) vir skottelgoed was of stryk in my raamwerk nie… ek haat dit.
    EK het ook biki vani banting bus afged******* maar sodra ek Januarie se pay kry, klim ek weer op.
    Mooi jaar vir jou en jou mense!

    Like

    1. Gelukkig maak dit nie saak hoeveel keer jy van die bus afd*** nie, as jy net weer opstaan! Hoop nie daar is te veel arms en ribbes en bene gebreek nie! 🙂
      Mooi jaar ook vir jou, en happy blogging.
      Ek sal nog weer by my blogmaats uitkom, nou erg dol.

      Liked by 1 person

  2. Hier bo in Wes-Afrika is heelwat op die banting-wagen. Maar dis maar moeilik om al die regte kossoorte hier te koop te kry. die enigste ding in oorvloed is kokos-olie. Maar sjoe die mense watwel daarop is, smelt net weg. dis nogals iets am te admireer.

    Like

  3. Ek het “Toortsie se Bantingboerekos” gister by Potpourri in Agulhas gekoop. Ek was so bly om so ‘n maklikke Banting resepte boek te kry. En ek het jou Banting storie so baie geniet. My eie reis met Banting het in April 2015 begin. Ek het lewenslank elke diet in die wereld probeer, die laaste was die lae vet dieet. Dit het gewerk maar ek was altyd honger en jy gewig het op en af gegaan. Banting is die beste plan dat ek ooit gevolg het. Ek het 5kg stadig verloer. Ek is nou 63 jaar out, 165cm lank en weeg 55kg. Dit is maklik om Banting to volk en ek is nie meer honger nie! Dankie vir die resepte. Ek het die yskas tert vandag gemaak – heerlik!

    Like

    1. Ek het ook vir 30 jaar lank op en af met my gewig gegaan. My gewig het nou bietjie gestabiliseer, wat wonderlik is. Dis vir die eerste keer in 30 jaar! Soos jy sê, dis heerlik om nie heeltyd honger te wees nie. Dis so lekker om jou kos te kan geniet. Ek dink ek moet nou dadelik vur my ook’n tert gaan maak, ek is al herldag lus daarvoor. 🙂

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!