Om vet te word tydens ‘n vakansie

Ons wat gewoonlik met ons gewig sukkel, het ‘n geneigdheid om te glo dat ons tydens ‘n vakansie “moet” vet word. Eintlik is dit heeltemal onnodig!

Ek dink dit kom uit die ou dae van verslankingsprogramme waar ons onsself die hele tyd ontneem van lekkernye, waar ons ons porsies moet afmeet en aftel en neerskryf, waar “lae” die hoofwoord is – lae vet, lae suiker, lae dit, lae dat. By sulke eetprogramme konsentreer ons mos eintlik op die slaaiblare, eerder as die lekker stukkie vleis. Dit werk gewoonlik deur die jaar solank jy by die huis is, maar sodra jy dan met vakansie gaan, breek die mure en onthou jou liggaam ALLES waarvan jy hom ontneem het deur die jaar, verloor jy heeltemal beheer en wil jy net alles verorber wat jy sien. Dalk is dit nie met jou die geval nie, maar met my was dit regtig die geval.

As daar een ding is ten opsigte van Banting, is dit juis dit: Dit waarmee ek in die verlede gekul het, dit wat ek myself moes ontneem as ek op ‘n verslankingsprogram was, is nou presies dit wat ek in elk geval mag eet! Elke dag! Is dit nie wonderlik nie? Al ding wat my met Banting ontneem word, is die soetgoed, waarna ek geensins smag noudat ek ‘n hoër vetinname het nie. Nou, sou ek deur die dag lus wees vir iets om aan te peusel, is ‘n hand vol neute, of ‘n lekker sny kaas heeltemal voldoende!

Dít bring my uit by my aanvangsin. My ervaring, sedert ek Banting doen, is dat ek NIE gewig optel tydens ‘n vakansie nie, selfs al braai ons elke aand, selfs al drink ek ‘n drankie saam met my man, omdat dit wat ek dan doen, volledig ingesluit is in my eetprogram. Dit het al keer op keer gebeur dat ek selfs gewig verloor tydens ‘n vakansie, en dan is dit nie dat ek myself van iets ontneem het nie! 🙂

Ek luister maar so stilweg vir my vriendinne as hulle voor die vakansie sê: “Ek GAAN mos gewig optel tydens die vakansie“, en dink by myself, “As julle maar net weet! …” 🙂

Banting is BOBAAS!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Resepteboek Faceboekblad

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Banting en die Feesseisoen.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Om vet te word tydens ‘n vakansie

  1. nowathome sê:

    Ek stem saam! Banting is tops!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s