Blogstats

Die blogstats moet nou enige oomblik uitkom. Elke jaar is ek die ene afwagting om te sien hoe het ons jaar gelyk.

Ek dink ons syfer, volgens die jaarverslag, was verlede jaar 50 000. Ek het toe stilweg vir myself ‘n uitdaging van 60 000 klieke vir 2015 gestel. Nie dat ek eintlik veel daaraan kan doen nie, maar darem. Een dag het ek toevallig op die statistiekskakel wat bo-aan ons blogs is, gekliek en ontdek dat daar ook ‘n presiese statistiek per jaar is. Die 50 000 van verlede jaar was seker so 53 000, so die sprong na 60 000 was toe nie heeltemal so groot nie. Op 10 Desember 2015 het ons die 60 000 merk gehaal.

Daar is baie blogs wat baie beter doen as dit, maar ek voel gemaklik met wat op hierdie blog gebeur. Ek kuier en gesels heerlik saam met almal.

Die ou, basiese reëls, soos ek dit in die beginjare geleer het, geld steeds: Skryf gereeld en maak jouself bekend. Soveel gaan oor die bemarking van jou blog. Ek kan ‘n direkte verband sien mrt die besoeke wanneer ek minder skryf, maar veral ook wanneer ek minder by ander blogs reageer. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is dat jy jou VOLLEDIGE blogadres invul wanneer jy by ander blogs reageer nie. Moenie net jou naam intik nie. Soveel keer wil ek gaan lees by iemand wat by my reageer het, dan is die blogadres nie volledig nie en kan ek nie die blog bereik nie.

Interessant is tog dat die gemiddelde klieke per persoon vir die jaar minder as 2 is. Dit laat my dink dat hier ‘n handjievol mense is wat gereeld inloer, maar ‘n groot aantal besoekers is wat eenmalig inloer. Dalk bring oom Google hulle hiernatoe? Van Google gepraat, soekenjins bring verreweg die meeste besoekers en ek glo dat hoe ouer jou blog raak en hoe meer bloginskrywings jy maak, jou besoekers oor tyd meer behoort te word, danksy soekenjins.

Faceboek bring ook baie besoekers. Dis vir my tog te lekker as ek sien dat een van my bloginskrywings ook deur ander mense op Faceboek gedeel word. Baie dankie daarvoor! Ek wens soms ek weet wie dit deel, wie dit goed genoeg ag om gedeel te word.

Blik is ook een wat baie besoekers stuur. Ek werk op my tablet, so dit maak ‘tag’ moeilik. Vir dié wat nie weet nie, Blik is ‘n webblad waar al die nuutste Afrikaanse bloginskrywings gelys word. Loer bietjie op my blogroll, ek dink dis gelys as: ‘Nuutste Afrikaanse bloginskrywings’.

Steeds baie dankie vir elkeen wat so gereeld hier lees. As iemand hier lees, bring dit ‘n borrel in my bloedstroom. ‘n ‘Like’ laat my groottoon spring, ‘n Facebookshare sit ‘n wip in my stap, maar ‘n kommentaar is die toppunt. Dit gee my sommer WOEMA!

Geniet die oujaar. Mag 2016 vir jou waarlik goed wees. Mag jy God se vreugde en nabyheid ervaar in elke tree wat jy gee.

Mooi loop!
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Blogstats

  1. Alles wat mooi is vir julle ook in 2016, Toortsie!

    Like

  2. Mooie jaar vir jou. Mag dit van krag tot krag gaan. Was n lekker kuier jaar gewees so die nuwe een behoort dalk nog beter te wees as mens aanhou en uithou! Hope liefde vir jul daar aan die Suidpunt v Afrika.

    Like

  3. Hoop julle het die allermooiste nuwe jaar!

    Like

  4. Ek lag altyd oor die “search terms”. Oom Google bring knaend vir my mense wat raad soek vir kokkerotte en valstande wat geel geword het. Daar was darem ook een wat gevra het “ek en my man soek ‘n threesome” en toe by my uitgekom het. Né? Dit laat jou dink. Heerlike 2016 vir julle op hierdie blog – ek lees graag hier.

    Like

  5. Kameel sê:

    Kuier op oomblik by my dogter en hier is nie wifi nie 😦 Dus moet ek maar skraps gaan met bietjie data op my foon. Vertrou dit gaan ‘n geseënde jaar wees, met nuwe hoogtes. Be blessed!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s