The White Masai

image

Ek het hierdie boek, geskryf deur Corrine Hofmann, geweldig baie geniet. Dis ‘n ware verhaal.

Corrine Hoffman, ‘n Switserse meisie, het in die laat tagtigerjare saam met haar vriend in Kenia gaan vakansie hou. Met hul aankoms in Kenia het sy die Masaivegter gesien en onmiddellik op hom verlief geraak. Soveel so dat sy bereid was om haar hele lewe in  Switserland op te gee en as Masaivrou in Kenia te gaan woon.

Corinne Hofmann skryf in  ‘n lekker leesbare Engels. Dis ‘n pragtige verhaal van hoe sy alles in haar vermoë gedoen het om aan te pas, haar huwelik met die Masaiman, haar lewe in Afrika.

Ongelukkig het die kultuurverskille sy tol begin eis, veral ná die geboorte van hulle dogtertjie. Sy beskryf in detail die aanpassings wat sy moes maak, hoe dit haar gesondheid geraak het, hoe sy probeer het om ‘n sinvolle bestaan te maak.

Ek wil hierdie boek graag aanbeveel. Ek sien dat dit deel is van ‘n reeks van drie boeke. Hierdie boek gee ‘n goeie kykie in hoe die Masai leef in Kenia. Baie interessant.

Groetnis

Toortsie

Soek gerus vir Toortsie by Pinterest. Ek lys daar al die boekbesprekings wat ek doen, onder ‘Boeke’.

7 thoughts on “The White Masai

Gesels saam, asseblief!