Pay it forward

Ek stap by ‘n winkel in en vra die dame of hulle plakkate vir mense opsit, ek sien nie plakkate nie. Ja,  sê sy vriendelik, ek kan maar opsit en sy wys my waar. Terwyl ek die plakkaat uithaal, vra sy watse plakkaat dit is? Ek noem dat dit vir my Bantingboekbekendstelling is. “O, Banting”, grom sy. Ek vra of ek dit steeds kan opsit? “Wat kry ék daaruit? Huh? Jy kry gratis advertensie, maar wat kry ék daaruit?” Ek noem dat ek dalk iets daar kan kom koop, ek hét al in die verlede daar gekoop. Ek plak toe maar die plakkaat op, sê dankie en is daar uit.

Ek is dankbaar vir elkeen wat bereid was om my plakkaat op te plak. My gedagtes die res van die dag was dat ek baie keer vir ander mense iets goeds doen sonder om iets terug te verwag. Die persoon vir wie ek goed is, gee dalk nie direk vir my iets terug nie, maar sy help weer ‘n volgende een wat ‘n volgende een help. Ander mense doen weer vir my goed sonder om iets terug te verwag, waarvoor ek weer dankbaar is.

‘n Goeie voorbeeld hiervan sien ek nou daagliks op die ‘Boere in nood’ faceboekgroep. Die boere in die Vrystaat is regtig in die knyp. Dalk baie wyer as die Vrystaat. Die reën het nie gekom nie. Hul diere vrek van die honger. Die boere is op hul knieë, hul het nie meer geld om voer te koop nie. Hul smeek vir gebed, vir hulp van God en van mens. Genadiglik ís daar ander mense, ander boere wat hul op ‘n manier probeer help. Mense betaal vir hulle geld in om voer van te koop, boere stuur vir hulle strooi en kuilvoer, vervoerkontrakteurs help deur die geskenkte voer te vervoer, soms gratis, soms teen ‘n verminderde prys. Hierdie skenkings gebeur sonder dat iemand iets terug verwag, uit dankbaarheid dat jy nog iets hét om te gee, uit deernis vir die mense in nood, in die hoop dat wanneer jyself in so ‘n situasie is, ander weer vir jou ‘n helpende hand sal uitsteek.

Daardie mense het baie hulp nodig. Wil jy nie daardie groep gaan soek op faceboek nie? Ek skryf ongelukkig op my tablet en kan daarom nie die skakel gee nie. ‘Boere in nood.’

Pay it forward. Dis soveel lekkerder om te gee as om te ontvang. Jou kleinste bydrae kan in tye soos hierdie ‘n groot verskil maak. Die belangrikste egter, net as jy graag wil. Geen dwang.

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to Pay it forward

  1. Dis baie swaar om die diere enselfs die veld so te sien verdroog. Soos jy sê daar is darem nog n enkele boer wat strooi of hooi het om te gee. Kan onthou met die droogte jare terug in die Bosveld. Daar was net mooi niks. Net droë grond en droë bome tussenin. Sterkte maar daar, dis al wat ek kan sê

    Like

  2. Ek stem saam, daar is groter vreugde in gee met geen verwagting om iets terug te ontvang nie. Dis sleg as die droogte so hard tref.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s