Wat noem ‘n mens dit?

Jy steel en steel oor ‘n lang tyd by jou werkgewer. Op ‘n dag word jy uitgevang. Jy ontken dit natuurlik heftig. Dan maak jy dit jou werk om jou werkgewer se naam te beswadder, liegstories van hom te versprei. Wat noem ‘n mens dit? Skuldige gewete?

Jy respekteer nie ander mense se grense nie. Alles moet op jou manier gebeur. Kry jy net effense teenkanting, is jy in jou bol gepik. Kwaad vir die hele wêreld. Het die ander se voorstel nie 100% uitgewerk soos dit moes nie, word dit aanhoudend opgehaal. Het die ander se voorstel wel uitgewerk, word dit geïgnoreer, om so gedraai dat dit na jóú voorstel lyk. Wat noem ‘n mens dit? Minderwaardigheidskompleks?

Jy het die vermoë om baie uit mense te kry, op verskillende maniere. Jy kry dinge gedoen, ge-“laat”-doen. Jy kan dit regkry dat mense goed presteer, maar moet wel gereeld ‘n bietjie druk toepas. Soms druk jy, en druk jy en druk jy. Die ander persoon begin tekens wys dat hy nie meer die druk kan hanteer nie, dat ‘n fout gaan kom, maar jy hou aan druk, druk, druk … tot die ander persoon soos ‘n ryp tamatie wat gedruk en gedruk en gedruk word, ontplof. Dan is hy, die ander persoon die verkeerde een en jy, die drukker het stilstuipe. Hoe kón die ander persoon ontplof? Jy raak net nie weer goed voor die ander persoon nie verskoning gevra het nie. Wat noem ‘n mens dit? …

Jy is besig met verkeerde dinge, en om jouself te regverdig, begin jy saggies, stilletjies, subtiel saadjies gooi dat jou huweliksmaat eintlik dieselfde verkeerde dinge doen. Sien, jy is eintlik nie so verkeerd nie, eintlik kan jy nie help nie, want eintlik doen die ander een dit dalk ook, wat dalk nie heeltemal waar is nie. Staan jy agter die deur en soek nou maatjies daar? Wat noem ‘n mens dit?

Jy is die beste, dierbaarste, wonderlikste mens wat ek ken, maar op jou wonderlike, dierbare manier probeer jy dinge na jóú sin gedoen kry, manipuleer jy mense om dinge te doen wat hulle nie regtig wil doen nie, maar jy is dan só dierbaar, jy doen dan niemand skade aan nie. Op jou sagte, mooi manier het jy die  vaardigheid om iemand anders baie sleg te laat voel as dit nie op jou manier gebeur nie. Wat noem ‘n mens dít?

Jy het ‘n manier om altyd ander se reëlings deurmekaar te krap. Jy weet net altyd beter. Ander moet hulle reëlings hoeveel maal verander om jou te pas, selfs tot ongemak van ál die ander mense, en dan, op die laaste minuut, onttrek jy … Wat noem ‘n mens dit?

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe and tagged , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Wat noem ‘n mens dit?

  1. ‘n Selfgesentreerde,egoïstiese,skynheilige beheervraat.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    O ken ons nie almal sulke mense ni! Miskien is dit verskillende metodes van ” survival mode.”- met n goeir skoot selfsug by

    Like

  3. Wonder ek baie oor daardie mense. Nog een, is die persoon, wat jou geen kans gun, om iets te sê nie, val jou in die rede en gaan doodluiters aan met hulle storie.

    Like

  4. Kameel sê:

    Jy noem dit die mens 🙂 Ek glo almal van ons het ‘n klap weg…. ons kan ongelukkig nie onsself sien en ervaar nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s