Hoe Paypal werk

Paypal is ‘n internasionale betaaldiens wat veilig is. Dis veilig vir die verkoper, sowel as die koper omdat nie een hulle bankbesonderhede vir die ander persoon hoef bekend te maak nie.

Wanneer u op die BUY NOW knoppie druk, maak die Paypal bestelling oop.

Buy Now Button

As u hierop kliek, sal u sien dat daar bo in die adreslyn ‘n slotjie is wat toe is, en die adres begin met https://  Die S in die Https beteken SECURE. Dit beteken dat dit ‘n veilige webblad is.

Ongelukkig bied PayPal nog nie ‘n Suid-Afrikaanse Rand opsie nie. Daarom is die prys in Amerikaanse Dollars. Met al die skoknuus wat die afgelope tyd in ons land rondom die Minister van Finansies gekom het, is mense skrikkerig vir die Dollar. Ek kan julle verseker dat EKSELF die prys van die boek beheer. Sou die Rand skielik verbeter of verswak, pas ek die DOLLARPRYS van die boek aan, sodat die prys altyd ongeveer R195 is en die posgeld R40, dus ‘n total van R235.00. Dit kan met ‘n rand of twee varieer, maar dit sal altyd daar rond wees.

Paypal doen self die omskakeling en onttrek die regte RANDBEDRAG uit jou krediet- of debietkaart.

Hier is ‘n voorbeeld van hoe die bladsy lyk as jy op die BUY NOW knoppie kliek:

 

paypal1

Dis baie maklik. Jy vul net die hoeveelheid in.

As jy reeds ‘n PayPalrekening het, vul jy jou eposadres en PayPal password in.

Het jy nie ‘n PayPal rekening nie, maar wil met jou kredietkaart betaal, kliek op CREATE A PAYPAL ACCOUNT. Dan verskyn die volgende skermpie waar jy jou kredietkaartbesonderhede moet invul.

paypal2

Dis regtig maklik.

Die boeke sal hierdie week beskikbaar wees vir posbestellings.

Indien jy op Struisbaai is, sal die boek beskikbaar wees by:

Suidpunt Potpourri (L’Agulhas)

Felicity Fasions (langs die OK op Struisbaai)

Coast, Agulhas

Struisbaai se Kersmark in die tent langs die NG Kerk, Struisbaai.

Vir Bredasdorpers sal die boek beskikbaar wees by:

Kontreiwinkel (Regoor Spar)

Kaap Agulhas Toerismekantoor (langs Kippen)

Woon jy in Grabouw, kan jy vir Petro Erwee kontak.

Die boekbekendstelling sal DV wees op 22 Desember om 10 vm in die NG Kerk, Struisbaai. Kom loer gerus in, daar sal ook boeke te koop wees.

Boekbekendstelling

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

4 Responses to Hoe Paypal werk

  1. Jinne, julle is nou mooi aan die gang met die boek … sterkte met die bemarking.

    Like

  2. Julle is op die bol hoor? Ek hoop dit gaan baie goed met die verkope.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s