Ek wéns ek kon sê: “I did it!”, maar nee, “WE DID IT”!
Die proef is vandag gefinaliseer! Hiehaaaaa! Yeay! Yesssss! Hahaooooooo!!!
Ek het gister die Here gedank vir elke fantastiese mense wat Hy op hierdie pad vir my gesit het. Dit was nie regtig op my bucket list nie, ek sou nooit dink dat ek so iets sou aanpak nie, die pad was vir my uitgelê. Dat dit ‘n aansienlik groter projek is was wat ek gedink het, is waar en dis beslis nie dieselfde as die Tameletjie Toortsie wat ek een keer as ‘n Pay it Forward-projek gedoen het oor ‘n naweek nie.
Die ONS wat dit gedoen het, is:
My Hemelse Vader wat my hand vasgehou het, wat vir my raad gegee het as ek nie geweet het hoe nou nie, wat my ELKE KEER rustig gemaak het as ek angstig was, wat die Reuse saam met my beveg het. Hierdie sê ek nie om te dweep nie, ek sê dit omdat ek nie anders kan nie.
My man en kinders wat my hierin ondersteun het.
Lizelle du Toit van Die Wit Kombuis wat die stilering van die kos gedoen het, wat op kort kennisgewing beskikbaar was, soveel ekstra myle gestap het, my by ‘n fantastiese bemarker uitgebring het, wat selfs gereël het dat ek volgende week op Radio Overberg gaan praat oor my boek. Die bemarker het danksy haar ‘n persverklaring uitgereik wat my stomslaan. Asof dit nie genoeg is nie, help sy my ook met die reëlings rondom die Boekbekendstelling wat 22 Desember 2015 in die NG Kerk op Struisbaai sal wees.
Is jy in die omtrek? Kom sê hello!
Lize du Toit is die fotograaf wat net so baie gedoen het op kort kennisgewing. Sy sorg ook dat my plakkate gedruk word, visitekaartjies, ens. Sy is te vinde by Photography by Lize.
My twee kinders in die Kaap. Hoe gaan ek julle bedank? My skoondogter het gesorg vir die uitleg van die boek, vir fyn detail, vir die voorblad, om my boek “myne” te maak, totaal uniek. Sy het gedoen en oorgedoen en nogmaals oorgedoen, met die drukkers gewerk as ek nie kon nie. Hy het dit gelees en gelees en gehelp met die verstellings van die program, die proef gaan optel. Ag, ek kan nie alles opnoem nie! Wenspan!
Twee vriendinne wat te midde van ‘n uiters besige program vir my raad gegee het, help proeflees het, bygestaan het, is DM en ons eie Seegogga. Twee juwele. En sommer my ander maatjie, Amaré, wat my aangemoedig het, moed ingepraat het.
Mega Digital is die drukkers. Hulle is nie sommer ‘n agterplaasdrukkertjie nie. Ek is hoogs beïndruk met hulle werk, hulle professionele aanslag. Die dame op die eerste foto is die persoon wat my help daar.
My dogter wat my elke keer rondkarwei het in die stad se verkeer.
Dankie almal! Die boek sal hopelik volgende week beskikbaar wees. Julle kan dit van Maandag af begin bestel deur op hierdie knoppie te druk. Dis by Paypal en jy kan met jou kredietkaart betaal. Die prys daar is in Amerikaanse Dollars, ongeveer R195 – R200, afhangende van die wisselkoers.
Hier kan jy kyk waar dit te koop sal wees asook die nuutste inligting oor die boek.
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad
Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se faceboekblad.
Toortsie se Pinterest oor boeke.
wel aangenaam om jou uitelik face to face te sien ken jou al twee jaar deur Toortsie mag hierdie die eerste van vele wees pragtige feestyd vir julle toorsie groete hester richards
LikeLike
Dankie!
LikeLike
WOW!!! Baie geluk!!
LikeLike
Baie dankie
LikeLike
Lekker om eindelik die famous Toortsie se gesig te sien!
Baie geluk!
LikeLike
Famous, nogals! 🙂
LikeLike
Dankie!
LikeLike
Jip, jy is sommer vir my famous, nie ALMAL het ‘n boek nie! 🙂
LikeLike
Mens hoef nie famous te wees om ‘n boek te hê nie, ook nie goed nie, jy moet net mal genoeg wees om dit aan te pak! 🙂
Maar dankie, ek is bly ek is darem vir IEMAND famous! Jy maak my dag! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie hierdie boek maak my BERUG nie!
LikeLiked by 1 person
Lol!
LikeLike
Baie geluk met die boek! So bly om te kan sien hoe Toortsie lyk 😀 Kan nie wag om my kopie te bestel nie.
LikeLike
So Maandag se kant sal goed wees. Baie dankie. Ek hoop julle voel tevrede met die boek as julle dit kry.
LikeLike
Baie geluk, well done!!
LikeLike
Verskriklik dankie
LikeLike
Nou ja, daar gaat hy. Op sy pad die hoogtes in. Veels geluk en ek stem met Net Ek saam Famous beslis!
LikeLike
Oeee laat ons eers wag en sien. En hier praat ‘n ander famous skrywer nou met my! 🙂
LikeLike
Ha ha, ons weet mos waaroor dit nou gaan!
LikeLike
🙂
LikeLike
Baie baie geluk
LikeLike
Dankie Seegogga, jy is die oorsaak van alles! 🙂
LikeLike
jy sal dat ek begin kosmaak!
LikeLike
Oelala, en ons voel bevoorreg om jou te ken. Ons is trots saam met jou.
LikeLiked by 1 person
As dit nie vir my blogmaatjies was nie, sou ek dit NOOIT gedoen het nie! 🙂
LikeLike
Baie geluk!! Ek kan nie wag om een te bestel nie!
LikeLike
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
Baie, baie geluk Toortsie!
LikeLike
Baie dankie
LikeLike
Baie geluk!… Ek gaan vir amal vertel
LikeLike
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Wow!!! Geluk! Saam mt jou bly én dankbaar!
LikeLike
Hiehaaa!
LikeLike
Dankie dankie!
LikeLike
Way to go! Baie geluk.
LikeLike
Thanx
LikeLike
Veels geluk! Om daardie boek vas te hou, is amper so wonderlik soos om ‘n nuwe baba in jou arms te hou!
LikeLike
Dankie. Ons het dit op ‘n stadium die baba genoem! En as sie baba hier is sal hy wil aandag hê, bemark word, versend wors. Ai toggie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Baie geluk!☺
LikeLike
Baie dankie 🙂
LikeLike
Wat is jou blogadres? Ek wil graag kom inloer?
LikeLike
Hi! Jy loer baie in by my blog. dievervuldevrou.wordpress Nie dat ek so vervuld aldag klink nie😁
LikeLike
Ek weet ek het al by jou geloer, maar toe ek nou op jou naam kliek kon ek nie die adres kry nie. 🙂
LikeLike
Baie geluk!
LikeLike
Baie baie dankie
LikeLike
Wellll done
Geluk
LikeLike
Dankie!
LikeLike