Oor tweelinge

So dertig jaar gelede het ek elke stukkie inligting wat ek kon kry oor tweelinge opgeslurp. Dit was maar min, maar ek het dit soos goud in my hart gebêre. Oor jare het ek begin wonder of my inligting ooit reg is. Dit wat ek hier neerskryf is AL wat ek weet, maar vir my baie interessant. Dis hoe ek dit op die boeremanier verstaan, en die doel hiervan is nie om ‘n wetenskaplike verhandeling te gee nie.

In my soeke oor die kween (Coetzee het vir my die regte spelling gegee), begin ek sommer oplees oor tweelinge.

‘n Mens kry identiese en nie-identiese tweelinge. Dit gaan nie oor hoe baie hulle na mekaar lyk nie. Identies beteken nie op ‘n haar na mekaar nie, maar baie na mekaar.

Nie-identiese tweelinge ontstaan wanneer die moeder twee eierselle afskei. Dis twee babas wat elkeen onafhanklik van mekaar ontwikkel.

Alles wat ek verder skryf het betrekking op identiese tweelinge.

Identiese tweelinge ontstaan wanneer die bevrugte eiersel skei en twee babas vorm. Afhangende van hoe gou na bevrugting die eiersel skei, hoe meer of minder lyk die tweeling na mekaar. As die eiersel vroeg skei, lyk hulle minder na mekaar, hoe later die eiersel skei, hoe meer lyk hulle na mekaar, want sodra die selle geskei het begin elkeen op sy eie ontwikkel.

Monochorionic Twinsdeel dieselfde plasenta, maar is elkeen in sy eie vrugsak. Hulle is steeds identiese tweelinge. Hierdie verdeling vind, volgens hierdie artikel op Wikipedia ongeveer 3 dae na bevrugting plaas. Monoamniotic twins deel ook die vrugsak, en dan het die verdeling van die sel heelwat later plaasgevind. Soms vind die verdeling nie volledig plaas nie en dan word siamese tweelinge gebore. Soms kan dit wel gebeur dat dit eintlik ‘n nie-identiese tweeling is, maar dat die plasentas van die twee babas in mekaar gegroei het. Wat wel belangrik is om te onthou, is dat die identiesheid of nie-identiesheid geklassifiseer word deur die plasenta. Een plasenta – identies; twee plasentas, nie-identies.

Sommer interessante feite wat ek hier raakgelees het, is dat identiese tweelinge by ongeveer drie uit 1000 swangerskappe plaasvind en dat identiese dogtertjies meer algemeen is as identiese seuntjies. Identiese tweelinge se gene is AMPER dieselfde, maar nie 100% nie. Omdat elkeen op sy eie ontwikkel, mag dit wees dat identiese tweelinge glad nie identies voorkom nie. Tweelinge kom dwarsoor die wêreld voor en kom nie in sekere rasse of stamme meer voor nie. Danksy al die hulpmiddels wat daar deesdae is om vroue swanger te kry, is die voorkoms van tweelinge deesdae hoër.

I am the mother of identical twins.

Groete

Toortsie

13 thoughts on “Oor tweelinge

  1. Danksy dna toetse is nou vasgestel dat daar n derde soort tweeling is. Dit is wanneer 1 eiersel gelyktydig bevrug word deur 2 sperms. Dit is uiters skaars, maar daar is al sulke tweelinge opgespoor. Hulle was nie heeltemal normaal ni. Ek verbeel my hulle was verstandelik gebrekkig.

    Like

    1. Dis nou baie interessant. My een is beslis regs, die ander een was kleintyd dubbelhandig. Hy is nou ook regs, maar ‘n sportwetenskaplike wat ‘n vriendin van hulle is, sê hy moes links wees, na aanleiding van sekere goed wat hy doen. Hy doen die ooglopende goed soos skryf, ens, regs, (aanleerbare gedrag), maar minder sigbare goed doen hy blykbaar soos ‘n linkshandige.

      Liked by 1 person

        1. My twee is geneties identies, maar verskil totaal. Baie mense glo nie eers as ek sê hul is ‘n tweeling nie. Kleintyd baie na mekaar gelyk, maar soos hulle grootgeword het het elkeen in sy eie rigting ontwikkel.

          Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s