Leiding aan kinders en familie van bejaardes

Toe my kinders klein was, kon ek baie boeke te koop kry oor ouerleiding, hulp vir ouers van babas en kleuters. Toe my kinders groot word en begin trou, het ek ‘n ernstige behoefte gevoel aan ouerleiding vir ouers van volwasse kinders. Ek weet dat daar iewers in een of ander tydskrif iets was, wat ek soos ‘n spons opgesuig het. My besef van die groot behoefte daaraan, die foute wat ek self gemaak het en steeds maak en nog baie ander dinge het my genoop om te begin skryf daaroor. Ek kon my opinies neerpen, al was dit baie keer verkeerd, al werk dit in die een situasie, maar in die volgende glad nie. U kan hier lees wat ek oor hierdie onderwerp skryf.

Ek besef egter dat hier ‘n ander veld is waarvan ek net mooi NIKS weet nie. Ek het twee ma’s in die ouetehuis. Beide van hulle verswak en die hulp raak nodiger. Die een besef sy verswak, die ander een nie.

Die vrae wat ek in my kop het, is:

  1. Ek wil hulle steeds die nodige resek gee wat hulle toekom, hoe ver staan ek terug en laat hulle toe om hulle eie besluite te neem? In watter gevalle moet ek oorneem en die besluit neem, wanneer moet ek eerder terugstaan?
  2. Ek glo dat ek steeds verantwoordelik is vir my bejaarde kinders se versorging, selfs al is hulle in die ouetehuis. Ek is nie ‘n kontrolevraat nie, so wanneer staan ek terug vir die ouetehuis om dinge te doen, en wanneer is dit my verantwoordelikheid? Wanneer word dit wat ek doen of nie doen nie, gesien as inmenging, en wanneer word dit gesien as gebrek aan belangstelling?

Wat word van my as familielid van ‘n bejaarde verwag? Ek wens daar was ‘n handleiding. Die tehuis vir bejaardes waar my twee moeders bly, gee wonderlike inligtingsdae vir die familielede, wat ek jammerlik moet erken dat ek dit baie keer mis. Hulle stuur ook briewe uit wat baie behulpsaam is.

Ek weet van die blogmaats is al in aftree-oorde. Wil julle nie vir ons skryf hoe julle as ouer mense in aftree-oorde dit beleef nie? Wat sal julle graag van julle kinders verlang? Hoe betrokke wil julle graag hê hulle moet wees? Eintlik dink ek dis nie waar die probleem lê nie, dit begin wanneer die bejaardes regtig begin verswak.

Dalk is hier mense wat in ouetehuise en ander versorgingsoorde werk wat graag ‘n bydrae wil maak. Wat sal julle graag wil hê moet familie van bejaardes doen? Ek praat nie van die gewone aandag gee aan hulle, die kom kuier nie, maar waaraan wil julle hê moet ons aandag gee?

Dankie!

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Bejaardesorg and tagged , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Leiding aan kinders en familie van bejaardes

  1. Ek dink maar elke mens of gesin moet dit self uitwerk. Baie faktore speel ‘n rol, maar ek probeer om altyd te onthou, dat elke mens op aarde is om ander se lewens aan te raak en dit beter te maak. Dit is die beginsel wat vir almal geld – ouer persoon, kinders, familie, mede-inwoner ontwikkelaars, en personeel.

    Liked by 1 person

  2. Viervoetig sê:

    Dis ‘n teer puntjie wat jy nou aanraak. Het in die jaar dieselfde gesien. Het net my Moeder oor,kon nie meer op loopraam, heeltemal verswak absoluut geweier dat ons haar na ‘n versorgingsoord skuif. My ou sus het by haar gaan inwoon maar sy was ook gedaan want het ‘n uitmergelende beroep en het nie rus gekry met my Moeder se versorging. Ek moes elke keer dit punt opneem om Moeder te oorreed om dit vir haar meer gerieflik te maak. Sy het vasgesteek soos ‘n steeksdonkie(in liefde gestel) Ek moes ‘n berader gaan sien het so het die sitsuasie my ontstel.
    Maar gelukkig het die Vader in getree en Moeder se huisdokter. Oorskakeling het so glad verloop sy is so gelukkig nadat sy oorgegaan het in aanvaarding.

    Like

    • Toortsie sê:

      Oeee dis ‘n groot stap. Ons moes ook maar die besluit help neem, maar selfs al word hulle nou versorg, hou ons verantwoordelikheid nie op nie. En dis waar my vraag lê: Wanneer is dit te min, te veel, genoeg?
      Baie sterkte vir julle ook!

      Like

    • Toortsie sê:

      Teer puntjie is dit beslis, maar baie baie deel van ons lewens. Hoe ons dit nou hanteer, is ‘n voorbeeld vir ons kinders, hoe hulle ons eendag sal hanteer. 🙂

      Like

  3. Olga sê:

    ‘n Baie hartseer saak. Sterkte aan almal.

    Like

  4. Terug pieng: Behoeftes rondom ‘n ouer in die ouetehuis | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s