Die werksonderhoud

Jy het aansoek gedoen vir ‘n werk en jy is sowaar bevoorreg om genooi te word vir ‘n onderhoud. As jy meer oor die werksaansoek wil lees, kliek hier. Ek noem graag ‘n paar goed wat ek dink uiters belangrik is om te onthou ten opsigte van die werk. Wat ek hier noem, is wat vir my belangrik is as ek by ‘n onderhoud betrokke is, dalk is dit in die stede anders, dalk is dit outyds, ek weet nie.

Wat jy moet onthou: Jy is daar om jouself te bemark. Doen die beste wat jy kan.

Vind vooraf so veel as moontlik uit oor die onderneming waarheen jy vir ‘n onderhoud gaan. Wat is hulle hoof bedryfstakke? Dit skep regtig ‘n goeie indruk as jy ‘n bietjie van die onderneming weet. Moenie jou kennis gaan ten toon stel nie, die onderhoudvoerder sal dit agterkom in jou manier van praat.

Trek netjies aan. Trek aan volgens die beroep, die pos. Ek dink nie ‘n kerkpak is nodig as jy vir ‘n werktuigkundigepos aansoek doen nie. ‘n Kunstenaar gaan dalk ietwat kunstig aantrek. Moenie uitspattig wees in jou klere nie, maar smaakvol. Onthou, jou kleredrag vertel iets van jou. Sorg dat jou hare gewas, jou baard netjies, jou naels skoon is.

Dink vooraf: Wat is daar wat jy oor jouself kan vertel. Wat is jou sterk punte? Wat is jou belangstellings? Is jy lief vir sport? Musiek? Wat laat jou hart vinniger klop? Wat laat jou oë blink? Waaroor is jy regtig opgewonde?

WEES ASSEBLIEF BETYDS! Wees eerder ‘n uur voor die tyd daar en wag iewers in jou motor, as om twee minute laat te wees. Ek wonder hoeveel uitstekende kandidate het al ‘n pos verloor omdat hulle laat was!

Wees eerlik oor jouself en oor dit wat jy sê. Oneerlikheid gaan dalk vir jou die pos besorg, maar gaan vir jou verskriklik baie moeilikheid en ongelukkigheid op die hals dra vorentoe. Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie.

Wees positief ingestel. Lyk of jy belangstel in die werk. reageer op die vrae.

Dink mooi oor jou redes vir diensverlaat. Moet onder geen omstandighede jou vorige werkgewer slegmaak nie. Regtig nie. Moenie dit doen nie, selfs al het jy alle rede om dit te doen. Moenie. Dit skep ‘n verskriklike slegte indruk.

Watter vrae wil jy dalk jou werkgewer vra? Wat wil jy graag weet oor die werksplek, ure? Waarop fokus hulle?

Hoeveel moet jou pakket wees? Bereken dit vooraf. Hoeveel het jy nodig? Baie werkgewers vra dit. Soms is jy so in nood, jy gee sommer ‘n lae bedrag net om die werk te kry. Oppas! Hulle aanvaar dalk daardie bedrag en dan het jy jouself in die voet geskiet! Wees realisties. Skiet dalk ‘n bietjie hoër, maar weer eens, oppas vir té hoog. Vind uit wat die aanvaarbare bedrag is wat mense van jou beroep, jou posvlak, jou jare ondervinding betaal word.

Sterkte. Mag jy in die pos aangestel word wat vir jou die heel beste is, waar jy baie gelukkig gaan wees, waar jy jou passie kan uitleef.

Groete

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geldsake and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Die werksonderhoud

  1. Die sterkste feit hier vir my is: “Moenie jou vorige werkgewer sleg maak nie.” Ek stem!
    Wanneer ek nuwe mense ontmoet, en hul bespreek ander negatief of het kritiese opmerkings, sien ek dadelik ‘n rooi lig. Iemand wat emosioneel stabiel is, sal sy waardigheid met trots dra. Baie goeie feite, Toorts. Jy slaan raak. Ek hoop jong mense lees hierdie stukkie …

    Like

  2. Waak ook teen grootdoenerigheid!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s