Trek swart aan op Swart Vrydag

Vandag is Swart Vrydag. Vandag doen hulle ‘n beroep op ons almal om swart klere aan te trek in simpatie met soveel vrouens en kinders wat in hulle huise geslaan en gemolesteer word. Die ergste van alles is dat dit nie net mans is wat vroue slaan nie, daar is ook baie mans wat deur vroue geslaan en gemolesteer word.

Soos ek ‘n vorige keer geskryf het, kan ek alleen hier op die plaas regtig nie eintlik ‘n impak maak nie. Dis me, myself and I.

‘n Vorige keer het ek ‘n swart rok aangetrek en toe ons die oggend saam met die werkers Bybel lees, het ek aan hulle gesê hoekom ek ‘n swart rok aan het, dat ek die veldtog vir wreedheid teenoor vroue en kinders ondersteun, dat geen man die reg het om aan ‘n vrou te slaan nie, met die vuis te moker, met ‘n mes te steek nie. Deur dit te doen, bewys jy nie jy is ‘n man nie, jy bewys eintlik jy is ‘n barbaar.

Dis die boodskap wat ek ook vanoggend vir ons plaaswerkers gegee het, daar was egter net 3 plaaswerkers en ek en my man en die bestuurder. Maar ons almal het nodig om dit gereeld te hoor.

Wat ek eintlik wil vertel, is dat ek so 2 of drie maande nadat ek die vorige keer verduidelik het van die swart rok, toevallig ‘n dag weer die swart rok aanhet. Daardie oggend (twee maande ná Swart Vrydag), bid die plaaswerker dat God sal help dat mans nie hulle vroue sal slaan en mishandel nie!

Dis klein saadjies wat ons saai. Ek verwag nie aardskuddende gevolge nie, om sulke gewoontes te breek gebeur nie in een dag nie, maar dalk, net dalk val die saadjie tog in goeie grond en ontkiem. Dalk is daar één persoon wat dit hoor en onthou en besluit om op te hou daarmee, of as dit ‘n jongman is, om dit dalk nooit te doen nie.

Saai daardie saad, selfs al voel ons dis ‘n onbegonne taak, ons weet nooit waar dit opkom nie! Praat oor die veldtog met jou kollegas, as jy swart klere aanhet, noem dit terloops vir iemand, praat in julle personeelkamers daaroor. Kry ‘n gesprek aan die gang. Maaarrrr moenie iemand direk aanval of beskuldig nie, saai die saad in liefde en geduld, dan kry jy baie meer reg.

Groetnis

Toortsie

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekblad.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding and tagged , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Trek swart aan op Swart Vrydag

  1. Net Ek sê:

    Dis te kostelik dat die werker weer bid daaroor! 🙂

    Ek dink dis so mooi ding wat julle doen om in die oggende saam julle werkers bybel te lees. Min mense doen dit nog.

    Terloops, tot my oorbelle is swart vandag!

    Like

    • Toortsie sê:

      WOW vir jou swart oorbelle. 🙂
      Ja, ek dink toe hy die rok sien, onthou hy die storie, dis die enigste keer wat een van hulle daarvoor gebid het, en hoekom die dag wat ek die rok aanhet.
      Ons saamlees en bid soggens is ook maar saadjies wat ons saai, ons hoop dit val iewers op goeie grond en kom op. Ek wens elke lkewer firma, organisasie, werksplek wil dit doen. Aanvanklik voel ‘n mens ongemaklik, maar dis verby binne 3 dae. Elkeen kry iewers ‘n beurt om te bid, slegs een per dag. Dit het al gebeur dat een NEE sê as ek sy naam noem, en dan bid hy die mooiste van mooi gebede. Op ‘n Maandag deel ek die beurte uit vir die res van die week, so dit kom nie onverwags nie.

      Liked by 1 person

  2. Retha sê:

    Dis baie goed dat jy teen huishoudelike geweld praat!

    Dis ook goed om by te vertel dat geweld nie net slaan is nie. Geweld gaan daaroor om ‘n ander person te wil beheer, en dit kan dikwels net so goed met emosionele mishandeling, verkleinering, oorheersing, isolasie, ens. gebeur.

    Waarom los ‘n vrou nie ‘n slaner nie? As ‘n slaner ‘n vreemdeling was wat ewe skielik begin slaan het, sou ‘n vrou net wegstap en ‘n saak maak. Maar geweldenaars isoleer vroue van hulle vriende en families, laat haar wanhoop in die idee dat enige beter lewe bestaan of dat sy iets beter verdien, dreig vroue en laat hulle glo dat, sou hulle weggaan, hulle opgespoor kan word… Al daardie goed is ewe veel deel van die mishandeling as die hou wat ‘n blou kol los.

    Like

    • Toortsie sê:

      Absoluut. Die mishandelde persoon, wat baie keer ‘n man ook kan wees, word geestelik, liggaamlik en emosioneel so afgetakel, hul glo later hul het geen heenkome nie, dat dit hul skuld is, dat die wêreld teen hulle is. Hul het geen moed om weg te breek nie. Die probleem is dat hul dalk nie ‘n werkbare oplossing het nie wn vasgevang bly in diesituasie.
      Die probleem is baie groter as wat in een bloginskrywing genoen kan word.
      Dis egter ook so dat so ‘n mishandelde persoon ‘n groot kans het om weer daardie tipe persoon te trou. Dis ‘n baie gevaarlike posisie om in te wees.

      Like

  3. Oeps nou is ek te laat…

    Like

  4. Respek vir ander,moet van kleinsaf by mense ingedreun word.Die skool behoort ‘n spesiale vak te hê,waar voortdurend aandag aan hierdie probleme gegee word.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s