Grense in vriendskappe

041b46ab366dac0e3f1b56501157c602

Ek lees in ‘Boundaries’ van Cloud & Townsend ‘n belangrike ding.

Die een vriendin maak altyd staat op die ander een in krisissituasies. Sy beplan nie vooruit nie en het altyd ‘n ‘goeie’ rede om op die ander een se nommer te druk. Sy het byvoorbeeld ‘n belangrike vergadering wat sy moet bywoon en kry nie ‘n kinderoppasser nie. Dit gebeur herhaaldelik. In die proses misbruik sy haar. Die misbruikte vriendin begin haar stelselmatig uit die vriendskap onttrek, iets wat sy eintlik nie wil doen nie, hulle is regtig goeie vriende.

Die skrywers sê daar is ‘n ander opsie, heeltemal anders as die boodskappies wat mens dikwels op faceboek sien,  soos dat as jy misbruik word, jy moet onttrek.

Die misbruikte vriendin kan dit eers met betroubare maats oefen, waar sy vir die misbruiker sê dat sy voel sy word misbruik en dat sy nie dit nie meer gaan toelaat nie.

Dan, in normale omstandighede, nie wanneer die vriendin in nood is nie, praat sy dan openlik met haar vriendin daaroor. Sy verduidelik aan haar dat sy nie meer beskikbaar gaan wees om deur haar gemanipuleer of misbruik te word nie, sy gaan nié meer die laaste minuut oplossing wees nie.

Die manipuleerder mag dalk ontsteld wees, dalk voel sy sleg. Sy hoor wat jy sê, maar dalk ook nie. So ‘n persoon kan selfs beledigend raak. Hou by jou besluit.

Nou kom die eintlik moeilike deel. Sodra die krisis kom, gaan sy wéér probeer om op haar getroue vriendin se nommer te druk. Dán moet die misbruikte een sterk staan, hou by haar besluit en nee sê. Vriendin A sal dan dalk ‘n belangrike afspraak of twee mis, maar in die proses sal sy leer om haar vriendin te respekteer.

Die vriendskap kan selfs groei oor tyd, of nie. Wie weet? My ervaring is dat die vriendskap of verhouding gegroei het. Mens moet net sterk staan en hou by die grens wat jy gestel het.

Dat die nie maklik nie, is ‘n feit.

Sterkte met julle grense. Mag ander mense jou grense respekteer. Mag jý ook ander se grense respekteer.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekblad.

My skakels na my boekbesprekings op Pinterest.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

5 Responses to Grense in vriendskappe

  1. Yebo, ek het ook so ‘n vriendin gehad …

    Like

  2. Ja en die misbruiker beweeg daarna net aan na die volgende persoon want sy is altyd ‘n krisis waarmee sy gehelp moet word en in haar kop is sy altyd die slagoffer.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s