Banting en die feesseisoen

Enige verslanker weet dat dit in die feesseisoen moeiliker is om vol te hou met jou verslankingsprogram. ‘n Mens wil nie ‘n nat broek wees nie!

My raad is: Leer om vinnig oor die kos te loer en kyk waarvan jy kan eet. Besluit waarvan jy gaan skep voor jy begin skep. Hoeveelhede is mos nie regtig ‘n probleem by ons Banters nie, so jy mag genoeg van die vleise en slaaie skep. Probeer om so ver as moontlik by die Bantingreëls te hou. Bly weg van sytsels, pasteideeg, ens. As jy nie anders kan nie, skep van die pastei, maar eet net die vulsel. Sou daar regtig niks wees wat teen die Bantingreëls is nie, eet dit dan maar, of skep ‘n klein bietjie met baie slaai sodat jou bord vol lyk. Sou jy verkeerd eet, probeer dan om vir minstens ‘n week 100% reg te eet.

Wat van die vakansie waar ‘n mens nie hard wil werk nie? In ons huis braai ons omtrent elke dag, en dis so maklik! Word jy genooi na ander mense, bied aan om iets saam te neem, iets wat jyself kan eet, soos ‘n broccolislaai of mengelslaai.  Vir snacks vooraf neem jy kaas saam, of neute of salami, of selfs ‘n peuselbord met al hierdie wat ek reeds genoem het, en komkommerrepies, wortelrepies, klein tamatietjies, gherkins, en dubbelroomjoghurt as doopsous. Neem genoeg sodat ander ook daarvan kan eet, maar jy weet dat jy wel iets het om aan te eet.

Ons is nie op ‘n strafkamp by Banting nie. Dit raak egter ‘n probleem as daar lank saam gekuier word. Wat drink jy? Sal jy kan vra vir koffie? Of net ‘n glas water? Neem wel een of ander tyd ‘n glasie rooi wyn as jy dit sou verkies en drink net stadig daaraan.

Probeer om die poedings sover moontlik te vermy. Vir my is dit die maklikste om sommer badkamer toe te gaan solank die poedings bedien word, of sê net vriendelik “nee dankie”. ‘n Verduideliking is nie nodig nie.

Net ek het my oor Kersdag laat dink. Op Kersdag, met al die ryk en romerige kosse, kan Banting eintlik goed werk! Sny net die stysels uit, en sou jy dan op Kersdag lus wees vir poeding, geniet dit voluit vir die een dag. Mðre is jy weer sterk!

Geniet die feesseisoen.

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekosboek.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge. Bookmark the permalink.

7 Responses to Banting en die feesseisoen

  1. Net Ek sê:

    Dis sommer ‘n puik plan Toortsie!

    So terloops, my GUNSTELING bykos by ‘n braai is om ‘n broccoli of spinasie quiche te maak. Die mense is mal daaroor en min weet dis eintlik Banting kos! My kinders eet amper die hele quiche self!

    Like

  2. Goeie raad en natuurlik matigheid met alles.

    Like

  3. nowathome sê:

    Dit is net wat ek ook gaan doen!!

    Like

  4. Terug pieng: Om vet te word tydens ‘n vakansie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s