Bantingpiesangmuffins

20151124_090931 20151124_091636

Ek gee graag die resep van Bantingpiesangmuffins. Hierdie resep is nie in die nuwe Bantingboerekosboek wat eersdaags verskyn nie.

Bestanddele:

3 groot ryp piesangs, fyngedruk

3 eiers, geklits

1 E vanillageursel

1 E xylitol

100 ml botter, gesmelt

2 k amandelmeel (200g gemaal)

half teelepel sout

1 tl koeksoda

Verhit oond tot 180°C.

Meng piesangs, eiers, vanilla, xylitol en botter saam.

Meng die amandelmeel, sout en koeksoda in ‘n ander bakkie saam.

Roer droë bestanddele in by piesangmengsel.

Skep in gesmeerde muffinpanne en bak ongeveer 20 minute tot gaar.

 

Onthou, piesangs is op die oranje lys. ‘n Klein piesang is die TOTALE oranjelysinname per dag. So, afhangende van hoeveel muffins jy bak, mag jy op een dag slegs 25% van die muffins eet. Bv. Ek het 17 middelmatige muffins uitgekry, so ek sal nie meer as 4 per dag eet nie en dan mag ek GEEN ander oranjelyskosse eet vir die dag nie.

Ek het 125 ml botter gevat, maar dis baie botterig. Dis hoekom ek dit nou na 100 ml verminder het.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

 

 

17 thoughts on “Bantingpiesangmuffins

  1. Lyk lekker! Soos jy nou seker al weet, kry mens nie die vreemde bestanddele soos bv die amandelmeel, geredelik hier in Lagos nie……(somtyds nie eens gewone meel nie….). So, toe ek nou in Engeland was, en ek sien “plain white flour” wat “gluten free” is, koop ek sommer dadelik! Nie vir myself nie, maar ‘n lid van ons Bybelstudie is gluten onverdraagsaam (intolerant)….

    Like

  2. Soos ek nou hier sit maak die foto van die muffins my so honger. Gaan nou post toasties eet…. ja post toasties….. ons eet eers veel later, en wanneer ek so honger tussenin raak, eet ek pap.

    Like

  3. Piesang is op die oranje lys, ne!
    Oral gons dit nou ” Tim Noakes se verhoor voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ” ai tog mense wat nog nie eers Banting probeer het nie maar n problem daarmee het gee my n pyn.

    Like

Gesels saam, asseblief!